Menu terloops
In Lysie-lysie [25 Mar 2024]

Wie’s wie in ‘Plan B’? Ontmoet die karakters van kykNET se nuwe misdaadkomediereeks


Die rolverdeling van kykNET se nuwe misdaadkomediereeks, ‘Plan B’, sluit ’n rits bekende name in, waaronder Armand Aucamp, Tim Theron, Arnold Vosloo en Amalia Uys, asook ’n draaiboek deur die bekroonde skrywer Tertius Kapp.

Wie’s wie in ‘Plan B’? Ontmoet die karakters van kykNET se nuwe misdaadkomediereeks
Kyk lokprent

Plan B het al die bestanddele nodig vir ’n trefferreeks: Die vroeë geliefde karakters gebore in die verbeelding van die internasionale topverkoper-skrywer Deon Meyer; ’n draaiboek deur die bekroonde Tertius Kapp; Jozua Malherbe (Devil’s Peak) in die regisseurstoel; en van die land se top-akteurs voor die kameras. Onder hulle tel Arnold Vosloo, wat al 33 jaar in Hollywood werk. En ná sy uitstekende spel in die rolprent Griekwastad, ook deur Kapp en Malherbe, en die Netflix-reeks Ludik, is hy weer in Afrikaans te sien. 

Plan B vertel die verhaal van ’n man met ’n militêre agtergrond, Ivan Malan, en sy vennoot, Paul Schmidt, wat ’n bendebaas beroof en die meesterskilder Vermeer se Vlammemeisie – ter waarde van miljoene – steel. Intussen word Ragel Bergh deur die glyjakkals Joshua Lansky uit haar erfporsie geswendel. Alles lyk vir haar verlore, totdat ’n kunswaardeerder Ragel se paaie met dié van Ivan en Paul laat kruis. Al drie van hulle wil dieselfde ding hê: die Vlammemeisie

Plan B, wat in en om Kaapstad verfilm is, bestaan uit vyf episodes. 

Maar wie is wie in die reeks? Hier is ’n kort opsomming van die hoofkarakters en die akteurs wat in hulle vertolk. 

1

Amalia Uys as Ragel Bergh 

Plan B Amalia Uys

Ragel is die eienaar van ’n boekwinkel. Maar sy word deur Joshua Lansky, ’n glyjakkals en seun van ’n bendebaas, uit haar erfporsie geswendel. Ragel het ’n liefde vir die fyner dinge in die lewe – goeie kos, boeke en musiek en as dit by kuns kom, verkies sy ouer, klassieke werk. 

2

Tim Theron as Ivan Malan

Plan B TIM THERON

Ivan se humorsin is ’n skild vir sy donker verlede as ’n oud-lid van ’n geheime intelligensie-eenheid. Hy het moeilike kinderjare gehad en moes van kleintyd vir homself sorg. Nadat hy amper in die tronk beland het, is hy deur Paul Schmidt gewerf om vir die eenheid te kom werk. Sedert die ontbinding van die eenheid werk dié twee mans saam om gesteelde ware vir welgestelde kliënte op te spoor. 

3

Arnold Vosloo as Paul Schmidt

Plan B Arnold Vosloo

Paul span die kennis en talente wat hy by die intelligensie-eenheid geleer het later ten goede in. Hy is ’n wewenaar en sien Ivan as die seun wat hy nooit gehad het nie. Met ’n voorliefde vir letterkunde, kuns en teater, vind hy en Ragel gou gedeelde belangstellings. 

4

Armand Aucamp as Joshua Lansky

ARMAND AUCAMP PLAN B

Joshua is die bedrieër wat Ragel uit haar erfporsie swendel. Hy is die seun van ’n aartsskelm – ’n pa wat nie net sy seun emosioneel geknak het nie, maar hom ook van sy ma gesteel het. Joshua het drome gehad om ’n kunstenaar te word, maar hy het nie die nodige talent gehad nie. 

5

Rolanda Marais as Margot Law

Margot en Joshua deel so nou en dan ’n bed, maar dit is nie die enigste ding wat hulle deel nie. Albei is ewe onseker van hulself. Margot is die middelpunt van enige party en pryk gereeld as sosiale vlinder op foto’s. Maar sy weet in haar hart dat dít als net voorgee is. 

6

André Jacobs as Zeev Lansky

Zeev is ’n bendebaas en Joshua se pa. Hy is ’n voormalige oorlogsmisdadiger en ’n man wat dink geld kan alles koop. Maar tog wil die wie’s-wie van die wêreld hom net nie as een van hulle aanvaar nie. Hy het gehoop Joshua gaan regte studeer en hom daarmee help om politieke invloed te kry, maar helaas is sy seun vir hom ’n reuse-teleurstelling. 

7

Sobantu Nqayi as Joe Moroko 

Plan B SOBANTU

Joe is ’n voormalige kollega van Ivan. Hy probeer ’n nuwe lewe lei en hoop sy verlede gaan hom nie inhaal nie. Joe is, nes Ivan, ’n ervare vegter en skut en het ’n gawe om verskillende persoonlikhede aan te neem. Hy is sjarmant en pas gemaklik in die wêreld van die superrykes in. 

8

Wanda Banda as Kate 

Kate kan verby enige rekenaarsagteware se slot en grendel kom. Sy is beslis die slimste in die span – iets waaraan sy hulle graag herinner. Haar hoofdoel in die lewe is om geld te maak. Sy sien vriende as ’n gevaar vir haar veiligheid. Daarom is sy meeste van die tyd op haar eie in haar stylvolle woonstel. 

9

Dorette Potgieter as Hildegard 

Hildegard is ’n kunsliefhebber wat as kunswaardeerder werk. Sy is stylvol, aantreklik en was al ’n paar keer getroud. Sy stel hoë standaarde vir alles en almal, en dit neem haar lank om mense in haar vertroue te neem. 

En nog!

Ander spelers sluit in: Roberto Kyle, Devonecia Swartz, André Weideman, Anrich Herbst, Marguerite van Eeden en Dylan Williams. 


Weeklikse episodes van Plan B vanaf Dinsdag, 26 Maart 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream. Dit sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies