Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Jun 2025]

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025


Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees… Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se se eerste Brasiliaanse telenovela, Plaas van passie, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

Maandag, 2 Junie                      

Caio word in sy kar agtervolg deur onbekende sluipmoordenaars wat hom wil doodmaak. Hy vind ook uit dat iemand met Daniel se motor gepeuter het voordat hy verongeluk het.

Dinsdag, 3 Junie                           

Caio dring daarop aan om vir Graça te sien. Die ‘dokter’ waarsku om haar nie te ontstel nie. ʼn Titseltjie grimering help om die illusie te skep dat Graça ernstig verswak is.

Woensdag, 4 Junie                                      

Aline deel haar vermoede met Caio dat Graça se siekte toneelspel is om hom te kry om met hom te trou. Lucinda stel ʼn ultimatum aan Andrade dat hy hulp kry of hul huwelik is verby.

Donderdag, 5 Junie           

Caio gaan met Graça trou. Met die troue wat nader kom, verloor Aline stadigaan haar kop en dink aan Caio wat met iemand anders trou.

Maandag, 9 Junie                                 

Chaos breek los voor die altaar. Ademir se manhaftigheid laat hom in gevaar beland. Enzo en Anely gaan ʼn ooreenkoms aan, en Caio en Antônio stamp koppe.

Dinsdag, 10 Junie                             

Caio koop Jussara se huisie. Aline gaan help hom om die plek skoon te maak toe ʼn waterkraan breek. Petra daag nie op by die huis nie, en Irene en Luigi gaan soek na haar.

Woensdag, 11 Junie 

Lucinda kom op Andrade se versteekte leë drankbottels af en bekla haar lot by Marino wat die tergende passie tussen hulle laat ontvlam.

Donderdag, 12 Junie 

Angelina kry vir Agatha voor die tronk en vat haar terug na New Primavera toe. Luigi en Anely word onder arres geplaas, omdat hulle vervalsde goud probeer verkoop het

Maandag, 16 Junie 

Aline raak agterdogtig oor die diamante en Irene kry die skuld daarvoor. Caio kry ʼn onverwagse besoeker en Lucinda kry haar oorwinning, alhoewel dit ten ʼn duur prys kom.

Dinsdag, 17 Junie 

Antônio beveel Luigi om vir Anely af te dank, haar nooit weer te sien nie en om ʼn kind met Petra te hê. Irene agtervolg vir Agatha en besef dat dit wel sy is. Sy huur Nice om Agatha dood te maak.

Woensdag, 18 Junie

Tot almal se verbasing daag Agatha by die plantasie op terwyl almal vas geglo het sy het tydens Caio se geboorte gesterf. Irene wil haar dood hê, en huur moordenaars om haar uit die weg te ruim.

Donderdag, 19 Junie 

Gentil se wêreld val uitmekaar wanneer Agatha terugkom en Jonatas uitvind hoekom sy ma hom as baba verlaat het. Agatha se terugkoms word ʼn bedreiging vir Irene en Antônio se toekoms.

Maandag, 23 Junie                                     

Irene vang vir Luigi uit en pers hom daaroor af. Jussara besef dat Gentil ʼn ogie op haar het. Marino ondervra Nice oor Agatha se ontvoering.

Dinsdag, 24 Junie 

Jurecê word flou toe hy vir Agatha sien. Hy verduidelik later vir Caio dat dit vir hom gevoel het of hy die bose vanself gesien het, en dat Caio homself moet beskerm.

Woensdag, 25 Junie

Graça probeer ʼn wig dryf tussen Caio en Aline, maar hulle staal hulself teen die aanslae. Antônio betaal ʼn maandelikse toelaag aan Agatha om te vergoed vir haar jare van swaarkry.

Donderdag, 26 Junie 

Agatha speel op almal om haar se gevoelens om geld uit hulle uit te kry. Petra sien haar ma en Vinicius saam en konfronteer haar daaroor.

Maandag, 30 Junie

Ná nog ʼn emosionele uitbarsting van Petra, kom dit aan die lig dat sy as kind seksueel gemolesteer was. Marino wil ʼn nuwe blaadjie omslaan.


Plaas van passie word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies