Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se se eerste Brasiliaanse telenovela, Plaas van passie, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien.
Maandag, 2 Junie
Caio word in sy kar agtervolg deur onbekende sluipmoordenaars wat hom wil doodmaak. Hy vind ook uit dat iemand met Daniel se motor gepeuter het voordat hy verongeluk het.
Dinsdag, 3 Junie
Caio dring daarop aan om vir Graça te sien. Die ‘dokter’ waarsku om haar nie te ontstel nie. ʼn Titseltjie grimering help om die illusie te skep dat Graça ernstig verswak is.
Woensdag, 4 Junie
Aline deel haar vermoede met Caio dat Graça se siekte toneelspel is om hom te kry om met hom te trou. Lucinda stel ʼn ultimatum aan Andrade dat hy hulp kry of hul huwelik is verby.
Donderdag, 5 Junie
Caio gaan met Graça trou. Met die troue wat nader kom, verloor Aline stadigaan haar kop en dink aan Caio wat met iemand anders trou.
Maandag, 9 Junie
Chaos breek los voor die altaar. Ademir se manhaftigheid laat hom in gevaar beland. Enzo en Anely gaan ʼn ooreenkoms aan, en Caio en Antônio stamp koppe.
Dinsdag, 10 Junie
Caio koop Jussara se huisie. Aline gaan help hom om die plek skoon te maak toe ʼn waterkraan breek. Petra daag nie op by die huis nie, en Irene en Luigi gaan soek na haar.
Woensdag, 11 Junie
Lucinda kom op Andrade se versteekte leë drankbottels af en bekla haar lot by Marino wat die tergende passie tussen hulle laat ontvlam.
Donderdag, 12 Junie
Angelina kry vir Agatha voor die tronk en vat haar terug na New Primavera toe. Luigi en Anely word onder arres geplaas, omdat hulle vervalsde goud probeer verkoop het
Maandag, 16 Junie
Aline raak agterdogtig oor die diamante en Irene kry die skuld daarvoor. Caio kry ʼn onverwagse besoeker en Lucinda kry haar oorwinning, alhoewel dit ten ʼn duur prys kom.
Dinsdag, 17 Junie
Antônio beveel Luigi om vir Anely af te dank, haar nooit weer te sien nie en om ʼn kind met Petra te hê. Irene agtervolg vir Agatha en besef dat dit wel sy is. Sy huur Nice om Agatha dood te maak.
Woensdag, 18 Junie
Tot almal se verbasing daag Agatha by die plantasie op terwyl almal vas geglo het sy het tydens Caio se geboorte gesterf. Irene wil haar dood hê, en huur moordenaars om haar uit die weg te ruim.
Donderdag, 19 Junie
Gentil se wêreld val uitmekaar wanneer Agatha terugkom en Jonatas uitvind hoekom sy ma hom as baba verlaat het. Agatha se terugkoms word ʼn bedreiging vir Irene en Antônio se toekoms.
Maandag, 23 Junie
Irene vang vir Luigi uit en pers hom daaroor af. Jussara besef dat Gentil ʼn ogie op haar het. Marino ondervra Nice oor Agatha se ontvoering.
Dinsdag, 24 Junie
Jurecê word flou toe hy vir Agatha sien. Hy verduidelik later vir Caio dat dit vir hom gevoel het of hy die bose vanself gesien het, en dat Caio homself moet beskerm.
Woensdag, 25 Junie
Graça probeer ʼn wig dryf tussen Caio en Aline, maar hulle staal hulself teen die aanslae. Antônio betaal ʼn maandelikse toelaag aan Agatha om te vergoed vir haar jare van swaarkry.
Donderdag, 26 Junie
Agatha speel op almal om haar se gevoelens om geld uit hulle uit te kry. Petra sien haar ma en Vinicius saam en konfronteer haar daaroor.
Maandag, 30 Junie
Ná nog ʼn emosionele uitbarsting van Petra, kom dit aan die lig dat sy as kind seksueel gemolesteer was. Marino wil ʼn nuwe blaadjie omslaan.
Plaas van passie word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar. Die laaste episode word op 17 Maart uitgesaai.