Menu terloops
In Wat om te kyk [30 Jun 2025]

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025


Agatha wriemel haarself telkens uit die moeilikheid en Petro stort ineen nadat sy iets uiters onverwags sien… Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Julie. Hier is ons handige kykgids.

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se se eerste Brasiliaanse telenovela, Plaas van passie, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

Dinsdag, 1 Julie                                                         

Petra gaan na Helio in die gastehuis en soen hom. Luigi soek na haar en neem ʼn video wat hy dan in sy woede aan Antônio en Irene wys, terwyl Petra probeer verduidelik.

Woensdag, 2 Julie                             

Ernesto word deur Martino gearresteer omdat hy na bewering gepeuter het met die remme van die kar waarin Daniel verongeluk het. Antônio vertel vir Agatha dat hy steeds vir haar lief is.

Donderdag, 3 Julie  

Marino dring dat Graça sy aanbod te aanvaar om ʼn pa te wees vir haar ongebore kind. Graça vertel almal dat Daniel die pa is, terwyl sy probeer wegsteek dat Marino die pa is. 

Maandag, 7 Julie                  

Dalva is die enigste getuie van ʼn moontlike sluipmoord op Evandro. Graça se baba word gebore en dit gons oor hoekom Marino die een is wat vir Graça hospitaal toe gevat het. 

Dinsdag, 8 Julie        

Ademir en Flor belowe trou aan mekaar, gevolg deur ʼn groot makietie. Agatha en Antônio deel ʼn teer oomblik, wat lelik onderbreek word deur Irene. Dalva ontwaak uit haar koma.

Woensdag, 9 Julie    

Dalva bieg dat Jonatas die een was wat haar man betaal het om Daniel se kar te saboteer. Die strop trek al nouer om Agatha, maar sy wriemel haar telkens daaruit.

Donderdag, 10 Julie 

Vinicius stel ʼn vennootskap voor vir Aline, maar sy het haar bedenkinge. Jonatas vergewe vir Agatha.

Maandag, 14 Julie

Petra se toestand versleg. Dit lei tot ʼn ongeluk wat niemand kon voorsien het nie. Sy herken Franco se pa uit haar verlede en probeer wraak neem. 

Dinsdag, 15 Julie                                      

Marino bring vir Helio om met Petra te gesels ná die vorige dag se skietery. Luigi probeer sy verhouding met Anely beëindig. 

Woensdag, 16 Julie                          

Irene probeer Antonio oortuig dat Agatha daarop uit is om wraak te neem. Caio and Jonatas help Marino om Sidney vas te trek terwyl Aline vir Caio wag om dokumente deur te gaan.  

Donderdag, 17 Julie   

Petra en Luigi bieg dat hulle ontrou aan mekaar was en besluit om uitmekaar te gaan. Antônio sê vir Agatha sy is steeds die vrou van sy lewe, maar hy het tyd nodig om oor Irene te besluit. 

Maandag, 21 Julie                                       

Die klante by Candida se kroeg ontdek Nice se lyk in haar kar voor die kroeg. Niemand weet wie haar geskiet het nie. Marino begin die kroegwerkers ondervra oor Nice se heimsinnige lewe.

Dinsdag, 22 Julie                                       

Gladys vra Mara om die kameramateriaal van die tyd toe Andrade daar gewerk het te hersien. Uiteindelik bewys die beeldmateriaal Andrade se onskuld en hy word weer in sy pos aangestel.

Woensdag, 23 Julie             

Irene word ernstig deur Agatha geteister. Skokkende nuus word links en regs uitgedeel, plannetjies word beraam, en Irene behaal dan ʼn groot oorwinning.

Donderdag, 24 Julie

Lucinda smeek Marino om te bly en verklaar haar liefde aan hom. Irene reël ʼn ete vir haar en Antônio se huweliksherdenking en sy gee vir hom die titelakte van Aline se grond.

Maandag, 28 Julie 

Rodrigo gaan ʼn kriminele saak oopmaak teen Vinicius en Aline vir diefstal. Ramiro word gestuur na Aline om haar te seer te maak. Aline wil die verhouding met Caio verbreek.

Dinsdag, 29 Julie              

Ruan herken vir Agatha in die kroeg en gebruik dadelik die geleentheid om haar te probeer afpers. Tadeu konfronteer vir Anely en smeek haar om die geld wat hy vir haar gegee het, terug te gee.  

Woensdag, 30 Julie       

Petra het ʼn ineenstorting en word amper in die hospitaal opgeneem nadat sy in Helio se kamer inloop en een van die prostitute in sy bed kry. Caio is besorg oor Petra se geestesgesondheid.

Donderdag, 31 Julie

Lucinda vertel vir Graca sy het uitgevind Marino is baba Daniel se pa en sy moet die waarheid vertel. Tadeu oortuig vir Berenice dat hulle ʼn fortuin kan maak as sy haar eie webtuiste het.


Plaas van passie word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies