Menu terloops

Pivoting S1

Op DStv [Gepubliseer op 14 Mar 2022]


Die komediereeks ‘Pivoting’ spog met ’n punt van 100% op Rotten Tomatoes en draai om drie vriende wie se lewens ná ’n vriendin se dood heeltemal verander.

Kyk nou

Pivoting S1
Kyk lokprent

Die komediereeks Pivoting, met Ginnifer Goodwin, Maggie Q, en Eliza Coupe in die hoofrolle, is ’n rusbank-reeks wat jy met ’n glas wyn in die hand kan kyk. Dit verg nie veel inspanning nie, maar is ook darem nie heeltemal spookasem nie. Dis wat jy kyk as jy ná werk, gatvol en moeg, troos in die salige eenvoud van TV-clichès soek.

Pivoting draai om drie middeljarige vriende, Amy, Jodie en Sarah, wie se lewens handomkeer verander ná die skielike dood van ’n vriendin. “Die lewe is kort” word ’n dringende dryfkrag in hul besluit om uiteindelik voluit te leef en hul passies na te jaag.

In kort, hulle moet pivot en opnuut koers kies. Dit draai op heelwat impulsiewe besluite en snaakse situasie uit. Sarah, ’n chirurg, besluit byvoorbeeld om dié beroep te laat vaar om ’n kassier by ’n kruidenierswinkel te wees.

Hulle is darem saam in dié ding en só word die vriende se band al hegter.

Weeklikse episodes vanaf Vrydag, 11 Maart op M-Net (DStv-kanaal 101) om 19:00 en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies