Menu terloops

Peacemaker S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Jun 2022]


‘Peacemaker’ is reeds vir ’n tweede seisoen hernu en het ’n punt van 94% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Not too shabby, hey…

Kyk nou

Peacemaker S1
Kyk lokprent

John Cena hervat sy rol as Peacemaker, die jingoistiese moordenaar mense links en regs in die naam van vrede afmaai. Die doel heilig mos die middelle, of hoe?

Peacemaker se storielyn tel op waar The Suicide Squad-fliek s’n geëindig het. Ons sien Peacemaker terug by die huis ná sy stryd met Bloodsport. Hy kom egter gou agter dat vryheid, nes vrede, nie gratis en verniet is nie. 

Die reeks, wat deur die veelbekroonde James Gunn (van Guardians of the Galaxy-faam en The Suicide Squad) geskep is, strek oor agt episodes.

Jennifer Holland hervat haar rol as Emilia Harcourt uit The Suicide Squad. Só ook Steve Agee sy rol as John Economos. 

Ook in die rolverdeling is onder andere Danielle Brooks (Orange is the New Black) en Freddie Stroma (Harry Potter and the Half-Blood Prince).

Peacemaker S1 is nou op Showmax met die tweede seisoen reeds in die pyplyn. Jy kan John Cena ook in aksie in Fast & Furious 9: The Fast Saga sien.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies