Menu terloops
In Gons [18 Sep 2024]

Pasgetroud! Pragfoto’s van Elana en Susan se spesiale dag op ‘Suidooster’


Elana en Susan se verhouding op ‘Suidooster’ het ons soms laat voel asof ons op ’n helse tuimeltreinrit is… Dan’s dit op en dan’s dit af; van brandwarm na yskoud en als tussenin. Maar dit blyk dié twee se liefde het wraggies al dáái shenanigans oorwin. Kyk saam na Gys Loubser se pragfoto’s van dié karakters se troue.

Kyk nou 'Suidooster'

Pasgetroud! Pragfoto’s van Elana en Susan se spesiale dag op ‘Suidooster’

Die Suidooster-karkaters, Elana (Esther von Waltsleben) en Susan (Natasha van der Merwe), het wéér ewig trou aan mekaar beloof. Om jou geheue te verfris: Die twee was jare terug getroud en na Ruiterbosch verhuis om ’n kuierplek, Die Anker, oop te maak. Maar toe het Susan vir Elana met Justin (Eden Classens) verneuk. Susan en Justin was vir ’n ruk saam voordat hulle besluit het om eerder net vriende en sakevennote te wees as mede-eienaars van Radio Dassie.

Maar Susan en Elana het nog altyd ’n magnetiese aantrekkingskrag gehad en het uiteindelik weer liefde by mekaar gevind. En nou staan hulle saam voor die kansel!

Al die foto’s is deur Gys Loubser geneem.

Die bruide

Dit was ’n besonderse troue gewees, so reg in Elana en Susan se styl. Die Kaapse mode-ontwerper Adri Andrews het Elana en Susan se trouklere ontwerp.

Suidooster
Suidooster
Suidooster
Suidooster
Suidooster
Suidooster

Die dekor

Die troue het ’n cowboy-tema gehad en ’n spesiale stel is by Atlantic Studios, die tuiste van Suidooster, daarvoor gebou.

Die gaste

Spesiale gaste in dié episode het Elana se ma, Nelia (Joanie Combrinck), en Susan se suster, Linda (Melissa Willering), ingesluit. Mrs J (Theresa Sedras), wat onlangs na Tulbagh verhuis het, het ook ’n draai kom maak. 

Suidooster
Suidooster

Agter die skerms

Suidooster
Suidooster
Suidooster
Suidooster
Suidooster

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies