Menu terloops

Ozark S1-4

Op Netflix [Gepubliseer op 29 Apr 2022]


Om ’n dwelmbaas te paai ná ’n geldwasseryskema lelik skeefloop, moet Marty binne vyf jaar $500 miljoen se dwelmgeld “skoon” kry.

Ozark S1-4
Kyk lokprent

Ozark is ’n veelbekroonde reeks met ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Dit draai om Jason Bateman se karakter, Marty Byrde, ’n finansiële adviseur wat sy gesin van Chicago na die Missouri Ozarks sleep.

Dit het begin as ’n poging om ’n dwelmbaas te paai om sy gesin te beskerm. Nooit sou Marty kon dink dat daar soveel bloed van sy hande sou drup nie. 

Met noukeurige, gefokusde spel het Jason Bateman van Marty Byrde ’n ineengestrengelde karakter gemaak. Die lig en donker, die goed en sleg in hom – dis nooit duidelik wie of wat Marty werklik as persoon is nie. Sy moraliteit hang immers altyd saam met sy familie se lewens in die weegskaal. Telkens, oortuig hy beide kyker en homself, die doel heilig tog die middele as dit kom by jou familie. Maar dan, soos dit deur die loop van die reeks uitspeel, wíé is jou familie? Is dit altyd bloed? Of is dit ook ’n sekere blonde balbyter wie se toegewydheid aan Marty uiteindelik haar eie lewe laat verkrummel. Tot daar net begrafniskiste oorbly.  

Met die tweede helfte van die laaste seisoen wat op 29 April op Netflix vrygestel is, kom die doele en die middele nou uiteindelik tot ’n punt. 

As jy hou van misdaaddramas, dan kan jy ook dié reekse op Showmax ’n kans gee:

Binge Ozark S1-4 op Netflix.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies