Menu terloops

Ozark S1-4

Op Netflix [Gepubliseer op 29 Apr 2022]


Om ’n dwelmbaas te paai ná ’n geldwasseryskema lelik skeefloop, moet Marty binne vyf jaar $500 miljoen se dwelmgeld “skoon” kry.

Ozark S1-4
Kyk lokprent

Ozark is ’n veelbekroonde reeks met ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Dit draai om Jason Bateman se karakter, Marty Byrde, ’n finansiële adviseur wat sy gesin van Chicago na die Missouri Ozarks sleep.

Dit het begin as ’n poging om ’n dwelmbaas te paai om sy gesin te beskerm. Nooit sou Marty kon dink dat daar soveel bloed van sy hande sou drup nie. 

Met noukeurige, gefokusde spel het Jason Bateman van Marty Byrde ’n ineengestrengelde karakter gemaak. Die lig en donker, die goed en sleg in hom – dis nooit duidelik wie of wat Marty werklik as persoon is nie. Sy moraliteit hang immers altyd saam met sy familie se lewens in die weegskaal. Telkens, oortuig hy beide kyker en homself, die doel heilig tog die middele as dit kom by jou familie. Maar dan, soos dit deur die loop van die reeks uitspeel, wíé is jou familie? Is dit altyd bloed? Of is dit ook ’n sekere blonde balbyter wie se toegewydheid aan Marty uiteindelik haar eie lewe laat verkrummel. Tot daar net begrafniskiste oorbly.  

Met die tweede helfte van die laaste seisoen wat op 29 April op Netflix vrygestel is, kom die doele en die middele nou uiteindelik tot ’n punt. 

As jy hou van misdaaddramas, dan kan jy ook dié reekse op Showmax ’n kans gee:

Binge Ozark S1-4 op Netflix.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies