Menu terloops

Outlander S6

Op DStv [Gepubliseer op 11 Apr 2022]


Jamie en Claire se epiese tydreis-liefdesverhaal word – dramaties – hervat in die sesde seisoen van ‘Outlander’.

Kyk nou aanlyn op DStv

Outlander S6
Kyk lokprent

Die kern van Outlander, gegrond Diana Gabaldon se gelyknamige reeks boeke, is Jamie (Sam Heughen) en Claire (Caitríona Balfe) se epiese liefdesverhaal. Dit strek immers oor eeue heen. Hul storie het begin toe Claire in die eerste seisoen onwillekeurig uit 1945 na 1743 in Skotland deur tyd reis.

Oor die afgelope vyf seisoene van Outlander het daar ’n magdom lief en leed afgespeel.

Die sesde seisoen tel op waar die vyfde geëndig het met Claire en Jamie wat die uitdagings van ’n nuwe lewe in koloniale Amerika – die sogenaamde “New World” – moet hanteer.

Nog ’n stok in die wiel – Jamie se verlede kom spook by hom as ’n voormalige medegevangene ook daar aanland en sake vir hulle bemoeilik.

Outlander se sesde seisoen is wel die kortste nog – net agt episodes. Dit is egter gelukkig reeds vir ’n sewende reeks hernu. Boonop is daar sprake van ’n prequel-reeks wat ook glo op pad is…

Weeklikse episodes vanaf Dinsdag, 5 April, om 22:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies