Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Mar 2025]

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk


Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Die 97ste Oscar-toekennings is Sondagaand in Los Angeles uitgedeel met die Emmy-bekroonde komediant en TV-aanbieder Conan O’Brien as die aand se gasheer. M-Net (DStv-kanaal 101) het die toekennings oudergewoonte regstreeks uitgesaai, maar daar is ook ’n heruitsending Maandagaand, 3 Maart 2025, om 22:00, waarna dit ook op Catch Up beskikbaar sal wees. 

Oscars 2025
Conan O’Brien het gasheer gespeel. Foto: Frank Micelotta/Disney via Getty Images)

Die indie-rolprent Anora het die meeste pryse – vyf – gewen, waaronder dié toekennings se kroonjuweel, beste rolprent. 

Hier is vanjaar se wenners, asook waar jy dié rolprente plaaslik kan kyk. 

Neem asseblief kennis dat uitsaai- en verwante besonderhede moontlik kan verander.(Hooffoto: Jeff Kravitz/FilmMagic/Getty Images)

Beste rolprent

Anora, plaaslike kringloop (Ster-Kinekor, NuMetro, onafhanklike teaters)

Oscars
Sean Baker het vier van Anora se vyf pryse gewen – beste rolprent, beste regie, beste redigering, beste oorspronklike draaiboek. Foto: Jeff Kravitz/FilmMagic/Getty Images)

Beste akteur

Adrien Brody, The Brutalist, Apple TV+, asook plaaslike kringloop (Ster-Kinekor, NuMetro, onafhanklike teaters)

Beste aktrise

Mikey Madison, Anora

Oscars 2025
Mikey Madison het gewen vir haar spel in Anora. Foto: Jeff Kravitz/FilmMagic/Getty Images

Beste manlike byspeler

Kieran Culkin, A Real Pain, Apple TV+, Disney+, asook plaaslike kringloop (Ster-Kinekor, NuMetro, onafhanklike teaters)

Oscars
Kieran Culkin het die prys vir beste manlike byspeler vir sy uitstekende spel in Jesse Eisenberg se A Real Pain ingepalm. Foto: Kevin Winter/Getty Images)

Beste vroulike byspeler

Zoë Saldaña, Emilia Pérez

Oscars
Zoë Saldaña het gewen vir Emilia Pérez. Foto: Jeff Kravitz/FilmMagic/Getty Images)

Beste regisseur

Sean Baker, Anora

Beste verwerkte draaiboek

Conclave,  Apple TV+/Prime Video

Beste oorspronklike draaiboek

Anora

Beste internasionale rolprent

I’m Still Here, Apple TV+

Beste animasierolprent

Flow, Apple TV+

Beste dokumentêre rolprent

No Other Land

(Dié dokkie se verspreiding is erg beperk weens “omstredenheid” rondom die onderwerp, so as jy nie in Israel of Palestina is nie, sal jy uiters kreatief moet raak om die dié dokumentêr te kyk. Ek verneem Reddit het soms oplossings vir sulke soort uitdagings… Die ekstra moeite is absoluut die moeite werd. Eintlik moet hierdie voorgeskrewe materiaal wees, maar nou ja.)

Oscars
Basel Adra, Rachel Szor, Hamdan Ballal en Yuval Abraham se grensverskuiwende dokumentêre prent, No Other Land, het die Oscar vir beste dokumentêre rolprent gewen. Foto: Jeff Kravitz/FilmMagic/Getty Images

Beste redigering

Anora

Beste kinematografie

The Brutalist

Beste produksie-ontwerp

Wicked, Apple TV+, asook plaaslike kringloop (Ster-Kinekor, NuMetro, onafhanklike teaters)

Beste kostuumontwerp

Wicked

Oscars
Cynthia Erivo en Ariana Grande het ’n lied uit Wicked gesing. Foto: Kevin Winter/Getty Images

Beste oorspronklike klankbaan

The Brutalist

Beste oorspronklike lied

“El Mal”, Emilia Pérez

Beste kortfliek

I Am Not a Robot, Prime Video

Beste kort animasierolprent

In the Shadow of the Cypress, Vimeo

Beste dokumentêre kortfliek

The Only Girl in the Orchestra, Netflix

Beste grimering en haarstilering

The Substance, Apple TV+/Prime Video

Beste klank

Dune: Part Two, Showmax

Beste visuele effekte

Dune: Part Two, Showmax


Kyk ’n heruitsending van vanjaar se Oscar-toekennings Maandagaand, 3 Maart 2025 om 22:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101) waarna dit ook op Catch Up beskikbaar sal wees. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies