Menu terloops
In Gons [9 Apr 2025]

‘Op skou’: Nuwe realiteitsreeks oor ‘doodgewone’ mense se ‘buitengewone’ stokperdjies


Van honde en karre tot dans en skoonheid –‘Op skou’ volg verskillende mense se voorbereiding vir, en deelname aan, ’n skou of kompetisie en wys só hoe werklik kosbaar mense se stokperdjies kan wees. 

‘Op skou’: Nuwe realiteitsreeks oor ‘doodgewone’ mense se ‘buitengewone’ stokperdjies

Op skou – die naam van kykNET se realiteitsreeks sê presies waaroor dié program gaan, maar dis egter nie plattelandse landbouskoue of die enorme stedelike skoue waar daar alles van paddas tot perde te sien is wat onder die loep geneem word nie. Hier gaan dit eerder oor skoue met ’n spesifieke fokus, met die reeks wat dan om buitengewone skoue en stokperdjies draai. 

Passie en waagmoed 

Ingrid Engelbrecht, een van die vervaardigers van Op skou, vertel in ’n mediaverklaring hoe dié program om die ongewone stokperdjies en passies van doodgewone mense draai. 

Op skou
Van honde en karre tot dans en skoonheid – Op skou volg verskillende mense se voorbereiding vir ’n skou of kompetisie, asook hul deelname daaraan. Foto: Skermgreep

“Elke episode het ’n ander tema: van honde en karre tot dans en skoonheid – daar is iets vir almal. Op skou volg verskillende mense in hulle voorbereiding vir ’n skou of kompetisie en wys ook hulle deelname daaraan,” vertel sy.

Die reeks vier passie en die waagmoed om drome na te jaag. En, verduidelik Ingrid, die deelnemers aan hierdie uiteenlopende reeks skoue is nie afhanklik van hul passie om ’n inkomste te genereer nie.

Kosbare stokperdjies 

“Ons het besef hoe kosbaar ’n stokperdjie kan wees,” aldus Ingrid. “En elke persoon wat in Op skou verskyn, het ’n spesiale storie en emosionele motivering wat hulle dryf om hulself aan hierdie kompetisies bloot te stel.” 

Die reeks bestaan uit agt episodes, met elke episode wat oor iets heeltemal anders gaan. 

Op skou
In die eerste episode van Op skou val die kollig op die mens se beste vriend. Foto: Skermgreep

In die eerste episode val die kollig op die mens se beste vriend. Daar word na verskillende afdelings en aspekte van hondeskoue gekyk, en kykers leer van die toegewyde deelnemers aan hierdie geleenthede ken.

Onder hulle tel Dory. Sy het aanvanklik uithouritte met perde gedoen, maar ná ’n baie slegte val het honde haar weer op die been gehelp. Stoffel, haar optelwoefie, het met sy ratsheid telkemale oor haar kombuisdeur tot binne in haar hart gespring en haar op die pad van nuwe lewensvreugde geplaas.

Dan is daar ook Susan (68) – sy neem al vir die afgelope 18 jaar aan honderatsheidskompetisies deel. DaiDai was aanvanklik net haar troeteldier, maar dié klein uitblinker draf sommer met haar eie leiband in haar mond die roete saam met Susan wanneer sy ander honde om die baan lei.

“Die eerlikheid van hierdie stories is waarby kykers aanklank sal vind,” meen Ingrid. 


Op skou wys vanaf Woensdag, 7 Mei 2025, om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes sal ná uitsending ook op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies