Menu terloops
In Recaps & Resensies [18 Jan 2024]

‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: 10 hoogtepunte uit episode 2


Die tweede aflewering van kykNET se maatsoekreeks ‘Op my eish!’, waarin die sanger Brendan Peyper op soek is na iemand wat sy hart laat vinniger klop, het ’n hele paar verrassings opgelewer.

Deur Annelene Oberholzer

Kyk nou

‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: 10 hoogtepunte uit episode 2

Hier is wat jy moet weet van dié seisoen van Op my eish! se tweede episode:

1

’n Tuiste vir ’n week

Uitzicht Wildplaas naby Fouriesburg is die plek waar die 12 vroue om Brendan se hart gaan meeding. Vanweë die plaas se ligging kan dit bitter koud raak en dis nie ongewoon om sneeu daar aan te tref nie. Van die deelnemers het baie gou agtergekom dat hulle nie voorsorg getref het vir die koue nie en het bibberend aan hul drankies vasgehou tydens ’n skemerkelkie-geselligheid met Brendan.

Op my eish!
Brendan Peyper. Foto: Skermgreep
2

Gin op die tafel

Veral een van die vroue was baie bly om dié drankie daar te gewaar – modestudent Janae het summier verklaar dat gin en Jenae mekaar soos ’n handskoen pas. 

3

Verjaardagtyd

Op my eish!
Verjaardagmeisie! Foto: Skermgreep

Jané het haar 25ste verjaardag saam met die meisies gevier met hul aankoms by Uitzicht. Daar is nog gin geskink en glasies is geklink.

4

Tasse, tasse, tasse

Dit was ’n see van (swaar!) tasse wat kamers toe gerol is. En toe die besef dat daar GEENSINS genoeg pakplek is om dit uit te pak nie. Sjokolade op die beddens met Brendan se gesig en ’n tikkie inspirasie daarop het die pakplek-skok darem versag.

5

Geheime briefie van ’n bewonderaar

Wingman Jo Black het Brendan verras met ’n briefie wat een van die vroue vir hom geskryf het. Anoniem, natuurlik… Die “bene-en-boudjies”-inhoud van die brief het hom nogal laat glimlag. Dit was Rachelle se poging om sy aandag te trek. Maar Brendan het die “Katja” aan die stert beetgehad. Hy was vas oortuig dit was sy . . .

Op my eish!
Brendan het bietjie verkeerd geraai oor dié briefie se outeur… Foto: Skermgreep
6

Sexy vir ’n aand

Vir die groep se eerste kuier met Brendan het Runet verklap dat sy haar sexy nommertjie gaan aantrek, maar dit sal die laaste keer wees. “Vir die res van die program gaan hulle my koekerige deel sien,” het sy tot vermaak van die res gesê.

7

Familiebloed loop deur Op my eish! 

Herinner Runet jou dalk aan iemand? Kykers wat die eerste seisoen van Op my eish! met Neels van Jaarsveld as die man op soek na liefde gekyk het, sal beslis vir Efraine van Heerden onthou. Dié grimeerkunstenaar is inderdaad Runet se ousus. Maar anders as Efraine wat uit die reeks onttrek het, hoop Runet dat dinge vir haar beter gaan uitdraai.

8

Spiere of klere?

Die vraag of Brendan ooit ’n hemp dra, is dadelik beantwoord. Nie net het hy ’n spierwit t-hempie aan wat sy spiere beklemtoon nie, maar ook ’n blou baadjie. En die vroue het behoorlik geswymel. Maar kort voor lank het die baadjie gewaai – van pure galantheid om ’n bibberende Christine daarmee teen die Vrystaatse koue te beskerm.

9

’n Blaps

Die meisies moes ’n pizza vir Brendan voorberei. Van hulle het vindingryk hartjies op hul pizzas gebou. Ongelukkig doen Brandon nie avokado op pizza nie! Hy is inderdaad allergies daarvoor en dit het een van die deelnemers se pizza in die hek laat duik. Die ses beste bakkers het ’n braai-aand met Brendan losgeslaan. Jané, Nadia, Luzaan, Rachelle, Sonel en Katja was die ses wat tops anderkant uitgekom het.

10

“Soen-ogies”

Op my eish!
Dié soen-ogies was bietjie te veel vir Brendan… Foto: Skermgreep

Deur die loop van die week was daar een versugting uit vele stemme, en veral tydens die braai-aand: “Tyd met Brendan op sy eie . . .” Rachelle het die eerste kans gekry om eenkant met Brendan te gesels. Hy was maar skigtig vir Sonel wat volgens hom met “soen-ogies” na hom bly loer het, maar het wel tyd gemaak om ook met Katja en Jané te gesels.

Wie gaan die eerste soen kry? Wie gaan dalk haar (swaar) tasse inpak om huiswaarts te keer? Moenie die derde episode misloop nie!


Volg Brendan se soektog na liefde in Op my eish! op Donderdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Ook op Catch Up ná uitsending. Ons recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies