Menu terloops
In Lysie-lysie [25 Okt 2021]

Ons gunsteling Gunther-oomblikke op ‘Friends’


James Michael Tyler, wat die rol van Gunther op Friends vertolk het, is ná ’n stryd met kanker oorlede.

Ons gunsteling Gunther-oomblikke op ‘Friends’

Of hy stilletjies in die agtergrond vir Rachel geloer het, of stilletjies in die agtergrond vir haar jongste lat (of vir Ross) gegluur het, Gunther was ’n onmiskenbare deel van die sitkom Friends.

Die akteur wat grommige Gunther op die TV-skerm lewe gegee het, James Michael Tyler, is in die ouderdom van 59 jaar ná ’n stryd teen prostaatkanker oorlede. Hy is in 2018 gediagnoseer.

As ’n randkarakter – ’n kelner en restaurantbestuurder wat dikwels net in die agtergrond te sien is as Phoebe, Monica, Chandler, Rachel, Ross en Joey ontelbare koppies koffies in Central Perk drink – het Gunther ’n onwaarskynlike indruk gemaak. Soveel so dat hy later die “sewende vriend” genoem is.

Friends se Gunther (James Michael Tyler) is oorlede.
Daar is op Instagram hulde aan ‘Friends’ se Gunther, James Michael Tyler, gebring.

Gunther se komiese verliefdheid op Rachel was een van die reeks se goue drade wat oor elk van die 10 seisoene grappe opgelewer het.

Jennifer Aniston, wat die rol van Rachel vertolk het, het op Instagram aan James hulde gebring. “Friends sou nie dieselfde sonder jou wees nie. Dankie vir die lag wat jy na die program en in ons almal se lewe gebring het. Jy sal gemis word.”

Al was sy verskynings blitsig, en al het hy net soms ’n woord se dialoog gehad, was Gunther se onbeindrukte gesigsuitdrukking dikwels meer as genoeg om kykers te laat skater. Hier is van ons gunsteling Gunther-oomblikke.

Kyk ook die spesiale reünie-episode op Showmax.

1

“I dropped a cup…”

2

“Put the mouse back in the house”

3

“Ezel? Ezel!”

4

“I saved up for 350 years”

5

“Is this a snake or something?”

6

“Kiss me!”

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies