Menu terloops
In Lysie-lysie [25 Okt 2021]

Ons gunsteling Gunther-oomblikke op ‘Friends’


James Michael Tyler, wat die rol van Gunther op Friends vertolk het, is ná ’n stryd met kanker oorlede.

Ons gunsteling Gunther-oomblikke op ‘Friends’

Of hy stilletjies in die agtergrond vir Rachel geloer het, of stilletjies in die agtergrond vir haar jongste lat (of vir Ross) gegluur het, Gunther was ’n onmiskenbare deel van die sitkom Friends.

Die akteur wat grommige Gunther op die TV-skerm lewe gegee het, James Michael Tyler, is in die ouderdom van 59 jaar ná ’n stryd teen prostaatkanker oorlede. Hy is in 2018 gediagnoseer.

As ’n randkarakter – ’n kelner en restaurantbestuurder wat dikwels net in die agtergrond te sien is as Phoebe, Monica, Chandler, Rachel, Ross en Joey ontelbare koppies koffies in Central Perk drink – het Gunther ’n onwaarskynlike indruk gemaak. Soveel so dat hy later die “sewende vriend” genoem is.

Friends se Gunther (James Michael Tyler) is oorlede.
Daar is op Instagram hulde aan ‘Friends’ se Gunther, James Michael Tyler, gebring.

Gunther se komiese verliefdheid op Rachel was een van die reeks se goue drade wat oor elk van die 10 seisoene grappe opgelewer het.

Jennifer Aniston, wat die rol van Rachel vertolk het, het op Instagram aan James hulde gebring. “Friends sou nie dieselfde sonder jou wees nie. Dankie vir die lag wat jy na die program en in ons almal se lewe gebring het. Jy sal gemis word.”

Al was sy verskynings blitsig, en al het hy net soms ’n woord se dialoog gehad, was Gunther se onbeindrukte gesigsuitdrukking dikwels meer as genoeg om kykers te laat skater. Hier is van ons gunsteling Gunther-oomblikke.

Kyk ook die spesiale reünie-episode op Showmax.

1

“I dropped a cup…”

2

“Put the mouse back in the house”

3

“Ezel? Ezel!”

4

“I saved up for 350 years”

5

“Is this a snake or something?”

6

“Kiss me!”

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies