Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.
Meer
’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.
Meer
KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.
Meer
Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.
Meer
Daar was lewensgevaarlike gesondheidskrisisse, onverwagse ouerskap, hartseer afskeidnemings, geheime verhoudings en skouspelagtige openbare vernederings – hier is die grootste 'Suidooster'-wendings sover vanjaar.
Meer
'Boer soek ’n vrou' is een van Suid-Afrika se gewildste en langdurigste werklikheidsreekse. Hier is ’n paar springmieliefeite oor dié trefferreeks voordat die nuwe seisoen op 23 Julie begin uitsaai.
Meer
In 'Koek' se tweede seisoen verras Leandie du Randt as Veronika, ’n karakter met veel meer kompleksiteit as wat haar voorkoms verklap. Sy gesels oor hoe die rol haar uitgedaag het om sonder oordeel te speel, en hoe toneelspel haar help om seer in haar eie lewe te verwerk.
Meer
Hier is wat jy in elke episode van die nuwe seisoen van die maatsoekreeks ‘Boer soek ’n vrou’, wat vanaf Donderdag 23 Julie 2026 op kykNET uitsaai, kan verwag.
Meer
Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (20 tot 24 Julie) op ‘Binnelanders’, ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.
Meer
Jaco Bouwer se boeiende dramareeks ‘Niggies’ spog met die meeste benoemings by vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV.
Meer
Die 13de episode van ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’ op kykNET met aanbieder Janie du Plessis is die laaste een in die huidige seisoen waar gastehuiseienaars met woord én daad bygestaan is.
Meer
Leah en die res van die 'Lottoland help ’n dorp'-span val weer in die pad om dorpe te transformeer in dié reeks se vyfde seisoen. Eerste aan die beurt: Luckhoff in die Vrystaat.
Meer
'Suidooster'-kykers is al maande lank verdeeld oor een van die reeks se mees emosioneel gelaaide storielyne: die ingewikkelde liefdesdriehoek tussen Angie (Char Carrie), Wade (Dean Smith) en Zoë (Lauren Joseph). Char Carrie vertel meer.
Meer
‘Klippe kou’ is ’n dokkie-realiteitsreeks wat vier spanne volg soos hulle veteraanmotors opbou en regmaak vir die legendariese Bull Run by Vanwyksvlei – ontmoet dié avontuurlustige spanne.
Meer
Skrywer Wessel Pretorius en regisseur André Velts pak met die rillerreeks 'Ontwaak' weer ’n keer ’n storie van kwesbaarheid, behorendheid en identiteit aan.
Meer
’n Byna vergete hoofstuk van Afrikaner-geskiedenis kry nuwe lewe in die boeiende dokumentêre reeks 'Die Boere van Patagonië', wat eersdaags op kykNET uitsaai.
Meer
Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (13 tot 17 Julie) op ‘Binnelanders’, ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.
Meer
Die loodsepisodes van ’n opwindende dramareeks gegrond op Deon Meyer se 'Blood Safari', die première van die tweede seisoen van 'Spinners', asook drie Afrikaanse dokumentêre reekse word by vanjaar se Silwerskermfees bekendgestel.
Meer
’n Nuwe Afrikaanse rillerreeks op DStv Stream, 'ONTWAAK', met Cindy Swanepoel en Minke Marais in die hoofrolle, bring vrae oor behorendheid – en wat ons sal prysgee vir aanvaarding – onder die loep.
Meer
Ná afloop van ’n suksesvolle eerste seisoen, is dit weer tyd vir 'Die Wynmeester' op VIA om die land se wyntalent te ontkurk en te laat asemhaal, net soos ’n goeie wyn dit verdien.
Meer
In die voorlaaste episode van 'In die sop: Gastehuisrevolusie' op kykNET was aanbieder Janie du Plessis oorgehaal om ’n gastehuis in die sop nie net met raad nie, maar ook met daad, nuwe hoop te bring.
Meer
In die agtste seisoen van die bekroonde reisreeks 'Elders', deurkruis die stapper en skrywer Erns Grundling Viëtnam in ’n reis van noord na suid.
Meer
In 'Klippe kou', ’n dokkie-realiteitsreeks wat vier spanne volg soos hulle veteraanmotors opbou en regmaak vir die legendariese Bull Run by Vanwyksvlei, is dit die stories van gewone Suid-Afrikaners wat die grootste indruk maak.
Meer
'Skemergrond'-kykers het Robyn Rossouw se karakter, Cheryl, eers onlangs ontmoet, maar dié aktrise het al maande gelede besef dat dié rol haar álles gaan verg.
Meer
As daar nou een maatsoekreeks is wat kykers reeds van 2008 landwyd aan’t gons hou, is dit ‘Boer soek ’n vrou’ op kykNET. Hier is ’n paar kort terugflitse na hoogtepunte in dié reeks oor die afgelope jare.
Meer
Staan nader, onthoukokke en kinkelkokke. ‘Kokkedoor’ is terug met ’n klassieke kinkel en kykNET soek weer opnuut na Suid-Afrikaners en Namibiërs wat met hart, herinnering en vernuf kan kook – maar inskrywings sluit binnekort.
Meer
In die vyfde seisoen van ‘Lottoland help ’n dorp’ neem die reeksaanbieder, Leah van Niekerk, kykers weer op ’n heerlike avontuur na plekke neem waarvan talle dalk nog nooit gehoor het nie.
Meer
Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (6 tot 10 Julie) op ‘Binnelanders’, ‘Skemergrond’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.
Meer