Menu terloops
In Gons [15 Aug 2023]

Nuwe plaaslike Netflix-komediereeks draai om studente se manewales


‘Miseducation’ is ’n nuwe plaaslike Netflix-komedie oor die varsity-lewe. Dit beteken alles is mos (min of meer) aanvaarbaar… of hoe?

Nuwe plaaslike Netflix-komediereeks draai om studente se manewales

Netflix het nou reeds ’n hele paar plaaslike reekse en flieks vervaardig – veral die gewilde Blood & Water en Ludik met Arnold Vosloo staan uit – maar die nuwe komedie Miseducation blyk ’n eiesoortige bydrae van dié streamer te wees.

Die plot

Miseducation vertel oor Mbali Hadebe (Buntu Petse) wie se luukse lewe omvergewerp word as die polisie op haar familie se bates beslag lê. Vir dié stok in die wiel is haar ma te blameer – Brenda Hadebe (Baby Cele) se korrupte politieke onderhandelinge kom hulle duur te staan.

’n Verleë Mbali vlug dan na die Universiteit van Grahamstad in Makhanda waar sy haarself probeer reinvent. Daai reinvention is egter ’n dramabelaaide mallemeule met soms absurde (en absurd-snaakse) gevolge. Mbali raak byvoorbeeld betrokke by kampusvervoer, sy verskyn op ’n kampus-skinderprogram, The Spill by Raeesah (Nicole Bessick), en weldra is sy ook aan die stuur van ’n studenteraad-veldtog. Haar pad boontoe word geïnspireer deur haar wanaangepaste squad, Jay (Prev Reddy) en Natalie (Micaela Tucker), wat haar ook deurentyd ondersteun.

Miseducation is deur Burnt Onion Productions vervaardig; ook die dryfkrag vir Afrika se grootste feestyd-franchise, How To Ruin Christmas.

Rethabile Ramaphakela, die skepper van Miseducation en Burnt Onion se kreatiewe regisseur, sê in ’n mediaverklaring: “Miseducation gaan ’n offbeat en prettige komediedrama-reeks wees met ’n uiteenlopende groep kleurvolle karakters wat net probeer om deur dit was ons die lewe noem, te kom.

“Dié keer is dit ’n tienerkomedie oor varsity-lewe. Dit beteken alles is aanvaarbaar. En wanneer dit gebeur, is chaos nie te ver weg nie… Gooi ’n paar tieners by wat die wêreld se kwessies met hul eie, geïsoleerde en selfbehepte wêreld probeer regruk – en die groeipyne word net al hoe pynliker.”


Miseducation is vanaf 15 September 2023 op Netflix beskikbaar om te stroom. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies