Menu terloops

Niggies

Op DStv [Gepubliseer op 28 Mar 2025]


‘Niggies’ is as waremisdaadreeks ’n eerste vir kykNET en is gegrond op die ontvoering en moord van twee niggies, Issie Fourie en Petro Nel, in Odendaalsrus in 1966, ná ’n besoek aan die dorpswembad.

Kyk nou 'Niggies' op DStv Stream

Niggies

Erica Wessels, Jacques Bessenger, Beer Adriaanse, Cintaine Schutte, Roeline Daneel… van Suid-Afrika se bekendste teater-, film- en televisie-akteurs vorm deel van die rolverdeling van regisseur Jaco Bouwer se nuwe Afrikaanse dramareeks, Niggies.

Niggies is gegrond op ’n ware verhaal. Dit vertel oor die twee twaalfjarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, wat in 1966 in die rustige dorpie Odendaalsrus in die Vrystaat ontvoer en vermoor is. Issie se broer, André, sweer daarna om alles in die stryd te werp om die skuldige aan die pen te laat ry – ’n veldtog wat sowat 20 jaar sou neem. 

Riëtte van der Wat skryf in haar resensie oor die reeks se toorkrag: “Elke skoot vertel ’n storie, of bevat ’n stukkie simboliek: twee skoolrokkies wat nooit gedra sal word nie, hang gestryk en reg vir die skooljaar wat die volgende dag sou begin; twee draad-tuinstoele, vrolik geverf, staan leeg voor die huis; twee lykies, onder wit lap, word van die moordtoneel af weggedra… Dis dalk teen hierdie tyd ’n cliché om dit te sê in resensies, maar Erica Wessels gee regtig hier ’n meesterklas in toneelspel.”


Niggies saai Dinsdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144) uit. Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Luister die podcast op Spotify, YouTube en ook DStv Stream.

Gaan ook saam met ons agter die skerms op die stel van Niggies.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies