Menu terloops

Never Have I Ever S1-3

Op Netflix [Gepubliseer op 12 Aug 2022]


Die derde seisoen van die tienerkomediereeks, ‘Never Have I Ever, is nou op Netflix beskikbaar om te stroom – en met ’n punt van 94% op Rotten Tomatoes, moet jy weet dis die kyk werd.

Never Have I Ever S1-3
Kyk lokprent

Mindy Kaling se treffer-tienerkomedie Never Have I Ever is terug vir ’n derde seisoen. Maar ons almal weet dis nie net tieners wat kyk nie… Daarvoor is dié skreeusnaakse storie, met uiters relatable awkward oomblikke vir elke ouderdomsgroep, net te lekker. Dié seisoen is die voorlaaste uittog vir die hoofkarakter Devi (Maitreyi Ramakrishnan) en haar vriende, so geniet dit terwyl jy kan. 

Met die aanvang van die nuwe seisoen wil-wil dit lyk asof almal hul happily ever afters gekry het…maar hulle kom gou agter dat die lewe alewig struikelblokke oplewer, hetsy gewone hoërskooldrama of die dieper vrae wat deur hul coming-of-age-ontdekkingsreis ontsluit word. 

Die reeks het ’n punt van 94% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met die konsensus wat lui: “(Die reeks) se vars aanslag op die coming-of-age-komedie is sotlik eerlik, lieflik slim en kykers sal waarskynlik halsoorkop verlief raak op die bekoorlike nuweling, Maitreyi Ramakrishnan.”

Never Have I Ever
Maitreyi Ramakrishnan as Devi en Romona Young as Eleanor in Never Have I Ever. Foto: Solanki/Netflix © 2022

Tarren-Lee Habelgaarn skryf oor die reeks:

Devi, die hoofkarakter, is ’n uitgesproke tiener wat haar plekkie in die wêreld probeer vind. Haar familie is van Indië, maar het Amerika toe getrek vir ’n beter lewe. Devi was nog altyd ’n bietjie anders en sukkel om ’n brug tussen die twee kulture vind, maar haar wêreld word heeltemal omgedol as haar pa sterf.

Die derde seisoen is vanaf 12 Augustus op Netflix beskikbaar.

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies