Menu terloops

Mooiweer en warm S1

Op DStv [Gepubliseer op 10 Feb 2023]


‘Mooiweer en warm’ is ’n nuwe kykNET-drama en word deur Nagvlug Films, dieselfde span wat onder meer ‘Nêrens Noord-Kaap’ in die lewe geroep het, vervaardig.

Kyk nou

Mooiweer en warm S1
Kyk lokprent

Mooiweer en warm, met onder andere Beer Adriaanse en Carla Smith in die rolverdeling, is uit die pen van die bekroonde skrywer Paul C. Venter. Venter is bekend vir trefferreekse soos ArendeKonings en Vlug na Egipte.

Watkykjy skryf só oor die reeks in sy resensie: “In ’n poging om die dorp se Afrikaanse kerk se koffers aan te vul, stem enkellopende vrouepredikant, ds. Issie (Marisa Drummond) in om ’n kontrak te sluit met die plaaslike, selfaangstelde “markargitek”, Alex Kemp (Geon Nel) om ’n vlooimark op Saterdae op die kerkgronde te hou. 

“Kortliks opgesom, dramatiseer hierdie klein dorpie-verhaal die ietwat saai lewens van die karakters wat amper almal vlooimarksmouse is. Die gebeure ontknoop teen die onheilspellende agtergrond van ’n dreigende ramp wat vir sewe soorte onsekerhede sorg. Die groot dam wat bokant die hoëveldse dorpie sit se walle dreig om te bars en die inwoners en al soos ’n bybelse vloed te verswelg.”

Mooiweer en warm saai Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uit. Die reeks is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies