Menu terloops
In Sepies [1 Jul 2024]

Jou telenovela-gids: Wraak kom teen ’n duur prys in ‘Moederhart’


Is daar hoop vir Onur en Zeynep? En gaan Ahmet sy wraaktog voortsit? Hier is waarna jy hierdie week (1 tot 4 Julie 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie kan uitsien.

Kyk nou

Jou telenovela-gids: Wraak kom teen ’n duur prys in ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Maandag, 1 Julie 

Talat probeer Ahmet oortuig om meer in Cemre belang te stel. Ahmet moet ook besluit of die prys wat hy vir sy wraak moet betaal te hoog is.

Dinsdag, 2 Julie

Onur wil graag met Zeynep trou, maar sy ma het ander planne vir hom. Muzaffer wil Tugba so gou as moontlik by die huis kry. 

Woensdag, 3 Julie

Nefise erken aan Muzaffer dat sy tydelik vir Kemal gewerk het. Zerrin gee teësinnig toestemming dat Zeynep en Onur mag trou.

Donderdag, 4 Julie

Muzaffer smeek Emre dat hy hom moet vergewe sodat almal by die villa intrek. Kemal vertel vir Nefise hy was ’n vriend van haar oorlede man, Salih, in hul jonger dae.


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Maart 2026

Rhafiek kry skokkende nuus wat die Samsodiens verpletter en Zoë en Angie begrawe – skynbaar – die strydbyl... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Maart kan uitsien.

Meer
As jy hou van tranetrekkers
13

Wat om te kyk: Die beste tranetrekkers om jou hart te ontdooi

Romanse? Check. Voorspelbaarheid (en tog ook nie). Check. Tranetrekkers? Check.

Meer
Sien alle opsies