Menu terloops
In Sepies [5 Aug 2024]

Jou telenovela-gids: Is dit die einde vir ‘Moederhart’ se Nefise?


Nefise veg vir haar lewe nadat sy deur Tugba geskiet word… Hier is waarna jy hierdie week (5 tot 8 Augustus 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie kan uitsien.

Kyk nou

Jou telenovela-gids: Is dit die einde vir ‘Moederhart’ se Nefise?

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Maandag, 5 Augustus

Tot Nefise en Azime se skok, daag Kartal op. Cemre loop ’n ongenooide gas raak.  

Dinsdag, 6 Augustus

Tugba skiet vir Nefise. Zerrin rand Zeynep aan. Kemal is hoogs ontsteld wanneer hy uitvind dat Nefise geskiet is.

Woensdag, 7 Augustus

Onur is in die tronk. Die kinders weet nie waar hul ouers is nie en dit veroorsaak drama.

Donderdag, 8 Augustus

Ahmet en Talat kry die Karamaner-finansiële state in die hande. Nefise veg vir haar lewe.


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies