Menu terloops
In Wat om te kyk [30 Sep 2024]

Jou telenovela-gids: Gaan Nefise bieg in ‘Moederhart’?


Hier is waarna jy hierdie week (30 September tot 3 Oktober 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie kan uitsien.

Kyk op DStv Stream

Jou telenovela-gids: Gaan Nefise bieg in ‘Moederhart’?

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Maandag, 30 September

Cemre glo uiteindelik dat Kartal werklik Ahmet is. Ahmet bel vir Zeynep en sê hy sal vir Cemre laat gaan.

Dinsdag, 1 Oktober

Cemre vra uiteindelik vir Zeynep om verskoning. Asya daag by die villa op en eis ’n verduideliking van Nefise oor hoekom sy gevlug het. 

Woensdag, 2 Oktober

Asya vertel vir die polisie dat Nefise in die kar saam met Kemal was. Nefise probeer vrede maak met Muzaffer, maar hy jaag haar weg.

Donderdag, 3 Oktober

Nesife is lugtig om vir almal te vertel wat met haar en Kemal gebeur het. Muzaffer is verpletter deur die nuus oor wie sy verlore seun is.


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies