Menu terloops

Miss Scarlet and The Duke S1-3

Op DStv [Gepubliseer op 26 Jun 2023]


‘Miss Scarlet and The Duke’ is ’n periodedramareeks wat draai om Eliza Scarlet – ’n private speurder enig in haar soort in Victoriaanse Londen.

Kyk nou

Miss Scarlet and The Duke S1-3
Kyk lokprent

Miss Scarlet and The Duke speel af in Victoriaanse Londen. Die storie draai om Eliza Scarlet (Kate Phillips) wat ná haar pa se dood besluit om sy private speuragentskap oor te neem. Die derde seisoen word op DStv uitgesaai. Die reeks is ook reeds vir ’n vierde seisoen hernu.

Baie soos in die Netflix-reeks The Law According to Lidia Poët, en die Enola Holmes-flieks, blyk ’n groot gros mense te dink dat dié bedryf nie vir ’n vrou beskore is nie. Wel, Scarlet – nes Lidia en Enola – is min gespin… (Die reeksskepper, Rachael New, het immers haar karakter op dié van Elizabeth Bennet, die heldin in Jane Austen se Pride & Prejudice, geskoei.) En sy het darem ook haar vriend, die polisie-speurder William Wellington, oftewel “The Duke” (Stuart Martin). Saam-saam ondersoek dié twee misdade en los sake op, al hap hulle ook heeltyd na mekaar. 

James Jackson van die Times (UK) skryf oor die reeks: “Hierdie soort misdaadraaisel is amper ’n bedreigde spesie. Laat ons dus dankbaar wees dat dit in die omtrek is.”

Dis ’n lighartige, tog aangrypende reeks. Scarlet se vasberadenheid om haar plek te vind in ’n wêreld wat deur mans oorheers word, help om die vertelling gravitas te gee.

Weeklikse episodes van die derde seisoen van Miss Scarlet and The Duke vanaf Maandag, 26 Junie 2023, om 20:00 op BBC Brit (DStv-kanaal 120)Ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies