Menu terloops

Minx S1

Op Showmax [Gepubliseer op 3 Okt 2022]


‘Minx’, die fiktiewe vertelling oor die oorsprong van die eerste erotiese tydskrif vir vroue in die 1970s, is net so insiggewend as propvol prettige plesier.

Kyk nou

Minx S1
Kyk lokprent

Minx is op Esquire se lys van die beste TV-programme van 2022 en is reeds vir ’n tweede seisoen hernu. Geen wonder – dit het immers ’n punt van 97% op Rotten Tomatoes. Die kritici se konsensus is vol lof vir dié plesierige komediereeks. Dit lui: “Die verhouding tussen Ophelia Lovibond en Jake Johnson is die onweerstaanbare middelpunt van Minx, ’n stout en skerp komedie wat ’n volbladstorie verdien.”

Die storie speel in die 1970’s in Los Angeles af. Daarin span ’n jong feminis kragte met ’n uitgewer saam om die eerste erotiese tydskrif vir vroue uit te gee. Ophelia Lovibond van Feel Good en Elementary en Jake Johnson van New Girl vertolk die hoofrolle.

Minx is vanaf 3 Oktober beskikbaar om op Showmax te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies