Menu terloops

Midnight Mass

Op Netflix [Gepubliseer op 4 Nov 2021]


‘Midnight Mass’ is een van 2021 se angswekkendste riller-reekse.

Kyk nou

Midnight Mass
Kyk lokprent

In hierdie minireeks van sewe episodes, vertel Mike Flanagan ‘n verhaal van geloof, geesdrif en gemeenskap met ’n goeie skeut ware vrees.

In Midnight Mass kry ’n kwynende dorpie op Crockette Island nuwe lewe wanneer ’n nuwe priester opdaag en nie net wonderwerke bring nie, maar ook oplossings vir geheime wat al jare reeds by die gemeenskap spook. Maar die dorpsmense besef ook die wonderwerke kom met skrikwekkende voorspellings en tragiese ontdekkings.

In die vrees en terreur wat volg, neem ’n groep dorpsmense hande om ’n einde aan die terreur te maak.

Rolling Stone het geskryf: “Op sy beste, maak Midnight Mass plek vir die bangmaak en die sublieme, die perverse en die persoonlike en die diepsinnige.” Rotten Tomatoes het dit eens dat dit ’n ambisieuse meditasie oor rou en geloof is en dat dit so beeldskoon as wat dit onrusbarend is.

Kyk dit op Netflix.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies