Menu terloops
In Features [11 Mei 2023]

Akteur Melt Sieberhagen wen gróót vir liefdadigheid op spesiale ‘Wie Word ’n Miljoenêr’-episode


‘Trivia geek’ en akteur Melt Sieberhagen het tydens ’n spesiale episode van ‘Wie Word ’n Miljoenêr’ vir die liefdadigheidsorganisasie, Gift of the Givers, die grootste wenner gemaak.

Akteur Melt Sieberhagen wen gróót vir liefdadigheid op spesiale ‘Wie Word ’n Miljoenêr’-episode

R250 000. Dít is die allemintige bedrag wat die komediant en akteur Melt Sieberhagen Woensdag met algemene kennis en ’n paar goeie raaiskote tydens ’n spesiale episode van Wie Word ’n Miljoenêr gewen het. Volgens die programaanbieder Rian van Heerden is dit terselfdertyd ook die meeste geld wat tot nou toe nog met bekendes in die reeks gewen is.

Ses van die land se bekendstes op die kassie en oor die radiogolwe het Woensdagaand teen mekaar meegeding om seker te maak hul gekose liefdadigheidsorganisasie gaan by hul algemene kennis baat.

Buiten Melt, het die KFM-omroeper, Tracey Lange, Binnelanders se Je-Ani Swiegelaar, Lourensa Eckard van In Gesprek, Troukoors se Ilse-Lee van Niekerk en David Johnson van Getroud met rugby teen mekaar te staan gekom.

Dit sou juis Melt wees wat as die wenner van dié episode bekroon is en R250 000 vir die liefdadigheidsorganisasie Gift of the Givers losgeslaan het. Maar hoekom het hy juis hierdie organisasie gekies?

“Hulle kom amper half eerste op as ek dink aan mense wat rêrig ’n verskil maak en áktief ’n verskil maak. Ek het baie waardering en respek vir die werk wat hulle al het en wat ek al van hulle gehoor het. Dis net lekker om te sien mense doen die werk wat ’n mens sou verwag ander mense eintlik moes doen,” het Melt oor sy keuse gesê.

Dís hoe Melt toe wen

Hy het van meet af aan die toon aangegee toe hy die eerste een was wat Afrika-lande van groot na klein kon rangskik. Weldra het hy vir Lourensa as ’n spanmaat gekies “omdat sy ook geklink het asof sy ook skooltyd meer boeke as maats gehad het”.

Nadat al sy hulplyne uitgeput is, moes hy op eie stoom ’n paar taai vrae self hanteer. Hy het wyslik besluit om nie die vraag op halfmlijoen-kerf te antwoord nie en het by R250 000 volstaan.

“Ek het gehoop ek sou so baie geld wen. Ek weet ek’s ’n trivia geek en ’n nerd as dit kom by sulke goed. So, daar’s seker maar altyd ’n kans dat dit sal goed gaan. Daar was ook ’n paar gelukkige raaie wat my tot daar gekry het.

“Ek neem aan enigiets is moontlik en ek is baie, baie bly wat gebeur het. Dit sal great wees om ’n miljoen rand te wen, maar dalk moet dit gebeur wanneer ek dit vir myself doen nadat ek myself as ’n charity geregistreer het,” het hy gespot.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies