Menu terloops
In Wat om te kyk [6 Sep 2021]

Meisies wat Fluit


Die vonk is uit Henk en Sofia se verhouding – dis nou totdat hulle weer saam in die kooi beland.

Kyk nou

Meisies wat Fluit
Kyk lokprent

In Meisies wat Fluit (2019) het Henk en Sofia té vinnig verlief geraak, té vinnig getrou en nou staan hulle net so vinnig op skei. Maar pas ná hul egskeiding gefinaliseer is, beland hulle saam in die bed – en nogal vir die eerste keer in meer as ’n jaar. Hulle kon nie hul huwelik laat werk nie, maar miskien is ’n anderste soort verhouding nommerpas?

Tydsduur: 102 minute
Genre: Komediedrama
Regie en draaiboek: Johan Cronjé (Wonderlus)
Roverdeling: Stiaan Smith (Hotel, Wonderlus, Vuil Wasgoed), Leandie du Randt (Vuil Wasgoed, Jagveld, Thys en Trix), Bennie Fourie (Vuil Wasgoed, Hotel) en ander.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies