Menu terloops
In Gons [10 Jul 2024]

40 boere later… Marciel groet ‘Boer soek ’n vrou’


Om vir vier seisoene deel van die gewilde maatsoekreeks ‘Boer soek ’n vrou’ te wees, was ’n “enorme voorreg” vir aanbieder Marciel Hopkins, maar die reeks se 16de uittog sal dan ook haar laaste saam met dié span wees.

40 boere later… Marciel groet ‘Boer soek ’n vrou’

(Hooffoto: Sulet Fourie Photography)

In ’n onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul dat dit haar laaste seisoen gaan wees waar sy boere help om liefde te vind.  Marciel praat openhartig oor haar Boer soek ’n vrou-reis in die 11-18 Julie-uitgawe van Landbouweekblad. (Sy’s ook die voorbladnooi!)

Die mooi herinneringe en fantastiese lewenservaringe sal ek altyd saam met my neem en koester. 

Marciel Hopkins
Marciel Hopkins Landbouweekblad

Marciel is sedert 2020 die aanbieder van Boer soek ’n vrou. Sy sê dat dit vir haar ’n “enorme voorreg” was om vir vier seisoene dié rol te kon vervul. Die sestiende seisoen van die maatsoekreeks begin op Donderdag 18 Julie.

“Om ’n pad met 40 boere te kon stap, het my lewe verryk, my opnuut in die liefde laat glo en ek is trotser as ooit om ‘n Suid-Afrikaner te wees,” sê sy. 

“Die mooi herinneringe en fantastiese lewenservaringe sal ek altyd saam met my neem en koester.” 

kykNET sal Marciel se opvolger ná afloop van vanjaar se seisoen aankondig. 

Buiten Marciel, is Boer soek ’n vrou al deur Elma Postma (2008-2010), Angelique Gerber (2011-2013), Nadia Beukes (2014-2015), Minki van der Westhuizen (2016-2017) en Leah van Niekerk (2018-2019) aangebied. 


Boer soek ’n vrou begin op Donderdag 18 Julie om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv en DStv Stream). Dit sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies