Magda Louw is aanvanklik deur Desiré Gardner, wat ook die naamrol vertolk as ’n eenvrou-verhoogproduksie geskep. Nadat dit eers in 2021 deur kykNET tot ’n storiefilm ontwikkel is, is dit toe in ’n komediereeks omskep.
Die storie draai meerendeels om Magda en haar man Erhard, wat aan ’n werklikheidsreeks deelneem. So gebeur dit dan dat daar ’n kameraspan is wat hulle oral volg om hul lewens vas te lê. Die akteur en Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk is as Erhard te sien. Die rol van Magda se dogter, Gertrude, is in die eerste seisoen deur Cintaine Shutte vertolk, met Binnelanders se Cindy Swanepoel wat in die nuwe seisoen dié karakter lewe gee. Die rol van Baltus, die paartjie se seun, word deur Taktiek se Bennie Fourie gespeel.
Gershwin Mias is die kameraman Shaun, wat die Louws oral heen rondvolg.
Weeklikse episodes van Magda Louw vanaf Maandag, 1 Januarie 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream. Ook op Catch Up beskikbaar (ná uitsending).