Menu terloops

Madoff: The Monster of Wall Street

Op Netflix [Gepubliseer op 4 Jan 2023]


Hierdie dokumentêre reeks volg die opkoms – en ongelooflike val – van die sakeman-skurk Bernie Madoff. As jy nie die naam ken nie – Madoff se naam is sinoniem met “Ponzi-skema” synde hy een van die grootste Ponzi-skemas in Wall Street-geskiedenis georkestreer het.

Madoff: The Monster of Wall Street
Kyk lokprent

MADOFF: The Monster of Wall Street poog om die verhaal van Madoff se berugte en wêreldwye $64 miljard Ponzi-skema, die grootste in die geskiedenis, sorgvuldig te vertel. Dit lê veral klem op die ontelbare beleggers wat alles verloor het nadat hulle hul vertroue in ’n eens gerespekteerde sakeman geplaas het. Die dokkie-reeks het unieke en eksklusiewe onderhoude met etlike fluitjieblasers, werknemers, ondersoekers en slagoffers. Dalk meer interessant is die beeldmateriaal (glo is die eerste keer wat dit beskikbaar gestel is) van Madoff se getuienis.

Die vierdelige reeks volg sy opkoms van nederige begin tot een van die invloedrykste makelaars op Wall Street. Met ’n innoverende visuele aanslag en ’n amperse riller-atmosfeer, word die onstaan en meganika van Madoff se bedrieglike beleggingsadviesonderneming ontbloot.

Soos met Steinheist laat dié dokkiereeks jou wonder wanneer, eerder as of, so iets weer sal gebeur.

Vanaf 4 Januarie op Netflix.

Soortgelyk: 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies