Menu terloops

Ludik S1

Op Netflix [Gepubliseer op 26 Aug 2022]


‘Ludik’ is Netflix se eerste oorspronklike Afrikaanse reeks op dié platform en dit is nou beskikbaar om te stroom.

Ludik S1
Kyk lokprent

Die Suid-Afrikaanse en Hollywood-akteur Arnold Vosloo vertolk die hoofrol in LudikNetflix se eerste oorspronklike Afrikaanse reeks. Ook in die rolverdeling tel onder andere Diaan Lawrenson, Rob van Vuuren, Lizz Meiring en Lea Vivier.

Die storie draai om ene Daan Ludik (Vosloo), ’n ryk sakeman wat sy meubelmaatskappy as ’n front gebruik om diamante te smokkel. As ’n lid van sy familie dan ontvoer word, word hy genoop word om nie net diamante nie, maar ook wapens, te smokkel.

Lees ook André-Pierre du Plessis se onderhoud met plat-op-die-aarde-Vosloo. Daarin vertel Vosloo onder meer oor hoe lekker dit is om weer in Afrikaans te werk:

Dit is ’n wonderlike geleentheid om weer in my taal te kan werk. Ek het altyd gesê ek wil graag weer in my moedertaal werk en die reis het toe begin met die maak van Griekwastad (op Showmax) gevolg deur Silverton Siege (ook op Netflix), en nou Ludik. Dit is altyd goed om terug te kom na jou plek, jou land, jou taal en jou mense. Om deel te wees van die eerste Afrikaanse reeks wat Netflix vervaardig het, ’n reeks wat ’n goeie Suid-Afrikaanse storie vertel met interessante karakters, vertolk deur talentvolle Suid-Afrikaanse akteurs, twee Suid-Afrikaanse regisseurs en filmspan, én om dit op die internasionale verhoog te kan plaas vir die wereld om te sien, is natuurlik fantasties.

Arnold Vosloo

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies