Menu terloops

Love & Death S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Mei 2023]


Die aktrise Elizabeth Olsen is wyd geloof vir haar beheersde vertolking van Candy Montgomery in ‘Love & Death’. Die minireeks is op ware gebeure gegrond.

Kyk nou

Love & Death S1
Kyk lokprent

Love & Death vertel die onthutsende ware verhaal van twee paartjies – nogal boesemvriende – wie se lewens deur ’n wrede bylmoord én ’n affair onherroeplik verander word.

Dié minireeks, geskryf deur die welbekende TV-skepper David E. Kelley (ook die skepper van onder meer Big Little Lies, Boston Legal en Anatomy of a Scandal) speel in die 1980’s af met Elizabeth Olsen en Patrick Fugit as Candy en Pat Montgomery. Hul huis (en kerk)-vriende Betty en Allan Gore word deur Lily Rabe en Jesse Plemons vertolk. 

Dat Love & Death op ware gebeure gegrond is, maak Olsen se beheersde spel net meer ysingswekkend.


Binge episodes 1-3 vanaf Maandag, 1 Mei 2023, op Showmax. Daarna word episodes weekliks beskikbaar gestel om te stroom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies