Menu terloops

Love & Death S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Mei 2023]


Die aktrise Elizabeth Olsen is wyd geloof vir haar beheersde vertolking van Candy Montgomery in ‘Love & Death’. Die minireeks is op ware gebeure gegrond.

Kyk nou

Love & Death S1
Kyk lokprent

Love & Death vertel die onthutsende ware verhaal van twee paartjies – nogal boesemvriende – wie se lewens deur ’n wrede bylmoord én ’n affair onherroeplik verander word.

Dié minireeks, geskryf deur die welbekende TV-skepper David E. Kelley (ook die skepper van onder meer Big Little Lies, Boston Legal en Anatomy of a Scandal) speel in die 1980’s af met Elizabeth Olsen en Patrick Fugit as Candy en Pat Montgomery. Hul huis (en kerk)-vriende Betty en Allan Gore word deur Lily Rabe en Jesse Plemons vertolk. 

Dat Love & Death op ware gebeure gegrond is, maak Olsen se beheersde spel net meer ysingswekkend.


Binge episodes 1-3 vanaf Maandag, 1 Mei 2023, op Showmax. Daarna word episodes weekliks beskikbaar gestel om te stroom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies