Menu terloops

Let the Right One In S1

Op Showmax [Gepubliseer op 27 Feb 2023]


Die TV-weergawe van die Sweedse roman ‘Let the Right One In’ word onderskraag deur sterk vertolkings van veral sy hoofsterre, Demián Bichir en Madison Taylor Baez.

Let the Right One In S1
Kyk lokprent

Let The Right One In is geïnspireer deur John Ajvide Lindqvist se roman wat al voorheen in twee bekroonde rolprente verwerk is.

Die storie draai om Mark en sy dogter Eleanor, wie se lewens tien jaar vantevore omgedolwe is toe sy in ’n vampier verander is. Eleanor (ook bekend as Ellie) lei ’n afgesonderde lewe. Sy kan net snags uitgaan terwyl haar pa sy bes doen om haar die menslike bloed te voed wat sy nodig het om te oorleef. Hulle keer uiteindelik na New York terug in hul desperaatheid om Ellie te genees.

Let The Right One In sien onder andere die Oscar-benoemde Demián Bichir (The Hateful EightA Better Life) as Mark en die America’s Got Talent-kinderster Madison Taylor Baez as Eleanor in die rolverdeling. 

Binge vanaf 27 Februarie op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies