Menu terloops
In Gons [5 Des 2024]

‘Lekker & Goed’: Carmen Niehaus kook storm los in nuwe reeks


Ná sowat 25 kookboeke slaan Carmen Niehaus ’n nuwe koers op die kassie in met die kosprogram, ‘Lekker & Goed’.

‘Lekker & Goed’: Carmen Niehaus kook storm los in nuwe reeks

Lesers van die land se grootste gesinstydskrif, Huisgenoot, ken haar naam. Sy is die vrou wat vir meer as drie dekades vanuit die toetskombuis tot in die veld gewone bestanddele in watertand-lekkerte omtower. Carmen Niehaus het reeds altesaam sowat 25 kookboeke die lig laat sien. Boonop sal jy haar Huisgenoot Wenresepte in elke kombuis wat sy sout werd is, vind. Eg Afrikaans, eg Suid-Afrikaans – met alles van bokkoms tot biltong tussendeur. 

Nou het Carmen ’n nuwe koers aan die Weskus – en op die kassie – in die kosreeks, Lekker & Goed, ingeslaan. Dié keer kook sy nie net voor die kameras nie. In dié program stel sy kykers ook aan van die land se mees geliefde en gewildste glanspersoonlikhede bekend. 

Carmen Niehaus, Lekker en goed
Carmen Niehaus en Landbou Boerekos se Arina du Plessis saam in die kombuis in ’n episode van Lekker & Goed. Foto: Skermgreep

Haar eerste gas is juis ’n voormalige kollega, Arina du Plessis, wat deesdae die redakteur van Landbou Boerekos is. Sy en Arina het 20 jaar gelede laas saam aan tafel gesit. Daar is diep gedeel en wonderlike stories wat herleef is. Om nie van die midde-Oosterse lamsboud te praat nie!

Van Carmen se ander gaste sluit onder andere Marciel Hopkins, Shari Kennedy, Candice Bester, Herman Lensing, Johnny Davids en Antoinette Kellerman in. 

Om gesonder te eet, is een van Carmen se prioriteite en vorm deel van die reeks se aanslag. “Gesonder eet gaan allermins daaroor om jou te ontneem van die lekkerte van kos. Inteendeel, as mens bietjie minder soet en ryk kook, is dit asof jy fyner proe en die verskillende lae geure ontdek.” 

Die reeks fokus ook daarop om kos in sy eenvoud te waardeer.

Volgens Carmen is Lekker & Goed veel meer as net ’n kookprogram. “Dit wys die besonderse mooi van die Weskus en saam met verskeie bekende persoonlikhede deel ons lekker onthoue van onvergeetlike ervaringe wat baie keer deur kos aangewakker word.”


Lekker & Goed word vanaf Donderdag, 2 Januarie 2025, op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream) om 17:30 uitgesaai. Ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies