Menu terloops
In Wat om te kyk [27 Mar 2025]

‘Lekker en goed’ met Carmen Niehaus: Johnny Hamman skrik vir niks


In hierdie aflewering van kykNET se ‘Lekker en goed’ met Carmen Niehaus is dit die kosfoendi en eertydse kinkelkokwenner van ‘Kokkedoor’ se tweede seisoen, Johnny Hamman, wat kom kuier.

Deur Annelene Oberholzer

Stroom 'Lekker en goed'

‘Lekker en goed’ met Carmen Niehaus: Johnny Hamman skrik vir niks

“Johnny is daai ou wat . . . die creative juices, die borrel net oral uit. Ek meen, die goed wat hy aanvang. Ja, dis mind-boggling wat hy alles eintlik alles doen – en dit met kos,” gesels Carmen in die laaste episode van kykNET se Lekker en goed oor vandeesweek se gas, Johnny Hamman. Kykers sal dié kosfoendi ook onthou as die kinkelkokwenner van Kokkedoor se tweede seisoen saam met sy spanmaat, onthoukok Elsa Buys.

Lekker en goed met Carmen Niehaus
“Dis mind-boggling wat hy alles eintlik alles doen – en dit met kos,” sê Carmen Niehaus oor vandeesweek se gas, Johnny Hamman. Foto: Skermgreep

Wat is in daai glasie?

Vandag word Johnny getrakteer op Carmen se Tequila Sunrise, gemaak met rooibos. Die rand van die glase word met sout en suurlemoen versier, en dan gooi ons maar ’n dubbeltjie. Hoekom dan nou nie?

’n Bietjie lemoensap, gevolg deur Carmién Tea se Cranberry Hibiscus wat tot ’n stropie gekook is, sorg vir daardie besondere sonsopkoms-kleure so eie aan hierdie drankie.

Die restaurant

So tussendeur vertel Johnny dat hy die afgelope sewe jaar in Wellington woon waar hy uit die moeilikheid probeer bly. Johnny vertel hy het sy restaurant daar oopgemaak vir R2,50 want daar was nie geld vir restaurante oopmaak nie. Gelukkig het hy baie toerusting en stoele en dinge gehad danksy sy spysenieringsbedryf.

Hy erken die diens is swak, maar dit gaan oor die gemeenskaplikheid van ’n bord kos geniet met die regte atmosfeer. En so nou en dan nooi hy sy “tweede ma”, Isabella Niehaus, self ’n legende in eie reg op die kosgebied, om daar te kom kook. 

Op die spyskaart

Beesfillet in ’n rooiwyndoek op sout . . . maggies, dit klink mos lekker! Deur die reeks het kykers geleer dat Carmen boonop ’n soettand het. Vandag stel sy nie teleur nie. Daar’s Portugese tertjies om mee af te sluit.

Carmen erken ’n groot stuk vleis soos dié van vandag, kan nogal intimiderend wees. Daarom takel sy dit op ’n eenvoudige manier deur dit eers in botter te braai om die kleur reg te kry voordat dit oond toe gaan.

Johnny skrik vir niks. Hy is glad nie beïndruk daarmee dat mense duur oonde en kragopwekkers moet huur vir spysenieringsdoeleindes om vleis gaar te maak nie, terwyl daar met ’n barrel-braai (’n braai-drom, soms met ’n toeklap-deksel) tot 40 filette binne ’n halfuur gaargemaak word. Hy vertel hoe hulle Himalaja-soutblokke inspan en dit vooraf verhit op die kole verhit. Wanneer die filet gaar is, kry elke tafel ’n warm soutblok. “Dan kom die sjefs uit en dan slide jy die filet op die tafel – en dan sizzle dit soos nou soos by die Spur op ’n Hot Rock,” kom dit baie entoesiasties van Johnny.

Hoe werk die wyndoek?

Dis ’n gewone kombuisvadoek wat met rooiwyn klam gemaak word, nie deurweek word nie. 

Lekker en goed met Carmen Niehaus
Herman Lensing het vir Carmen van dié wyndoek-metode geleer. Foto: Skermgreep

Carmen vertel vir Johnny dit was einste haar gas van die vorige episode, Herman Lensing, wat haar bewus gemaak het van hierdie metode. Dan volg ’n hêngse klomp sout op die wyndoek. En nóg pinotage . . . ’n hele bottel daarvan.

Pasteis de Nata 

Die regte Portugese uitspraak van hierdie heerlike vlatertjie so eie aan daardie land, is ’n regte tongknoper vir Carmen. Johnny het moedig probeer om haar te help want hy was al verskeie kere in Portugal. 

Tongknoper of te nie, Carmen het hierdie tertjie aangepas om dit meer Suid-Afrikaans te maak. Sy span rooibostee in en gebruik eerder filodeeg in plaas van pasteideeg.

Die tafel

Carmen verras vir Johnny deur te noem dat sy nog gaste genooi het om saam met hulle aan tafel te sit. Sy vertel sy het mense genooi wat dit vir haar moontlik gemaak het om haar eerste TV-reeks te kon doen. 

Lekker en goed met Carmen Niehaus
Anders as in vorige episodes het Carmen nog gaste genooi om saam met haar en Johnny te kom eet. Foto: Skermgreep

En wat ’n lieflike manier om vir haar borge dankie te sê vir die afgelope 13 weke se saamkuier, saamkook, herinneringe op te roep en die gees van gesond, maar lékker eet te bevorder.

“Ek wil die bang uithaal vir mense wat te bang is om ander mense oor te nooi vir ’n ete. Of vir sommer net ’n lekker kuier, want op die ou einde gaan dit tog net oor samesyn. Jy’t vriende en familie nodig om jou batterye te herlaai,” sê Carmen en sy voel kos bring daai hele kaboedel bymekaar.

“Definitief stop dit nie hier vir Carmen nie,” sluit sy af. 

Ons hou die spasie dop!


Al Lekker & Goed se resepte is op terloops beskikbaar. 

Lekker & Goed se eerste seisoen op kykNET het pas sy laaste episode uitgesaai. Al die episodes van die eerste seisoen is egter nog tans op Catch Up/DStv Stream beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies