Menu terloops

Legacy

Op Showmax [Gepubliseer op 28 Okt 2021]


Bloed is dikker as water, maar in dié familie is dit beslis nie so belangrik soos geld nie…

Kyk Legacy op Showmax

Legacy
Kyk lokprent

Legacy word gesien as baanbrekerswerk in Suid-Afrika – ’n telenovela wat afspeel in die wêreld van beleggingsmiljardêrs. Maar dit is ook oor ’n familie wat in ’n oorlog met mekaar gewikkel is en elkeen se stryd om oor te neem as die hoof van Legacy Investments.

Die patriarg Sebastian Price is op die punt om af te tree en hy is gereed om die leisels oor te gee. Sy onverskrokke oudste dogter het haar oog op die pos as hoof en sy sal enigiets doen om dit reg te kry. Wie is bereid om die hoogste prys te betaal om die troon te bestyg?

Nuwe episodes van Legacy is van Maandag tot Donderdag op M-Net en stroom gelykertyd op DStv en is dan binne 24 uur op Showmax beskikbaar. Moenie hierdie skitterreeks met sy sterbelaaide rolverdeling misloop nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies