Menu terloops

La Brea S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Aug 2022]


As jy gedink het Suid-Afrika sukkel met sinkgate, gaan jou deuntjie vinnig verander as jy die apokalipties-groot sinkgat – en die vreesaanjaende nuwe realiteit wat dit teweeg bring – in die wetenskapsfiksiereeks ‘La Brea’ sien.

Kyk nou

La Brea S1
Kyk lokprent

Die wetenskapsfiksiereeks La Brea se eerste seisoen is nou op Showmax beskikbaar en dit is reeds vir ’n tweede seisoen hernu. Die rolverdeling sluit onder andere vir Natalie Zea (Justified) en Eoin Macken (Resident Evil: The Final Chapter) in.

As ’n reuse-sinkgat in die middel van Los Angeles ontstaan, word ’n gesin in twee geskeur. Terwyl die pa en dogter die ramp net-net oorleef, val die ma en seun die gat binne. Só beland hulle saam met ’n groep vreemdelinge in ’n vreemde oerwêreld. Van albei kante probeer die gesin als om te herenig en dis dan wat die pa besef die visioene wat hom teister die sleutel tot hul geliefdes se redding is. 

La Brea is vanaf 1 Augustus op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies