Menu terloops
In Wat om te kyk [18 Okt 2022]

Kyk nou: Lokprent vir ‘Tali’s Joburg Diary’ wys daar’s geen einde aan Tali se prettige manewales


Showmax het pas die lokprent vir ‘Tali’s Joburg Diary’, die derde aflewering van Showmax se heel eerste oorspronklike reeks, vrygestel. Die nuwe seisoen premiere op 18 November.

Kyk nou vorige seisoene

Kyk nou: Lokprent vir ‘Tali’s Joburg Diary’ wys daar’s geen einde aan Tali se prettige manewales
Kyk lokprent

Tali is terug… Maar in Joburg. Tali’s Joburg Diary volg op die uiters gewilde Tali’s Wedding Diary en Tali’s Baby Diary waarin ons eers Tali (Julia Anastasopoulos) se troue-manewales en toe haar swangerskap-dramas kon meemaak.

Kleuterskool-dinamiek dié keer die dryfveer

Dié keer trek Tali, manlief Darren (Anton Taylor) en kleuter Jayden noodgedwonge terug Joburg toe. Tali se appelkar is omgegooi, jy sien. Die kredietkaarte is oortrokke, bankbalanse is in die rooi, en beurtkrag is nie al rede hoekom hul ligte af is nie. Die tog terug Joburg toe beteken ook dat Jayden by ’n kleuterskool ingeskryf moet word – ’n kompetisie-arena soos min. Dís dan juis ook wat as inspirasie vir dié seisoen gedien het. “Daar is soveel snaakse dinamika wat by kleuterskole afspeel,” sê Julia. “Van die idee van ’n klasma tot die klas se WhatsApp-groep, van kunsveilings tot ouer-onderwyservergaderings.” 

Dié reeks is vir twee jaar agtereenvolgens as Suid-Afrika se beste komedie by die SAFTA-toekennings aangewys.

Tali’s Joburg Diary is vanaf 18 November op Showmax beskikbaar om te stroom. Nuwe episodes sal weekliks beskikbaar gestel word. 

As Tali het Julia (ook bekend as SuzelleDIY) reeds twee keer die Safta vir beste aktrise in ’n komedie gewen. Haar man en medeskepper van die reeks, Ari Kruger, het ook as beste regisseur vir beide die vorige seisoene gewen. 

Nuwe – en bekende – gesigte

Die lokprent gee aanhangers hul eerste blik op nuwe gesigte hierdie seisoen. Daar is nuweling Troy Davy as Tali se seun, Jayden; Ndoni Khanyile (When We Were Black, aanbieder van van Innovate Africa op Al Jazeera) as die hoof van Little Angels Hyde Park, Barbara Bhembe; asook Sharon Spiegel Wagner (Bedford Wives) as Monique the Beak, die huidige klasma by Jayden se kleuterskool.

Kate Normington, wat die 2022 beste ondersteunende aktrise SAFTA gewen het as Tali se ma, Michelle, keer ook terug. Kyk ook uit vir Kate Pinchuck as Taryn, Lucienne Bestall as Tali se assistent, Ashley, Guy de Lancey as Tali se pa, Les, en Julia se regte suster, Stephanie Anastasopoulos, as Tali se suster Michaela. Dan is daar ook geliewe Coconut Kelz wat vir Tali ’n Joburg-makeover gee om al die Slaapstad van haar af te stof.


Tali’s Wedding Diary en Tali’s Baby Diary is reeds beskikbaar om op Showmax te stroom. Die nuwe seisoen premiere 18 November, met nuwe episodes wat weekliks vrygestel word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies