Menu terloops
In Wat om te kyk [21 Feb 2023]

Kyk nou: Lokprent vir ‘Unseen’, Netflix se nuwe plaaslike misdaadriller


‘Unseen’ vertel die verhaal van Zenzi Mwale, ’n doodgewone huishulp wat paaie met misdadigers en gangsters kruis terwyl sy na haar vermiste man soek.

Kyk nou: Lokprent vir ‘Unseen’, Netflix se nuwe plaaslike misdaadriller
Kyk lokprent

Wie is Zenzi Mwale? Is sy bloot ’n skoonmaker soos sy voorgee? Of steek sy iets weg? Dié vraag is spil waarom die intrige in Netflix se nuwe plaaslike rillerreeks, Unseen, draai. 

Uit die nuwe lokprent vir dié reeks, blyk geraamtes, geheime en gevaar aan die orde van die dag te wees. Dat kinkels volop is, is te verwagte – Unseen is immers deur Gambit Films vervaardig. Dít is dieselfde span wat die gewilde plaaslike drama Blood & Water met sy etlike slenterslae gemaak het.

In die hoofrol as Zenzi is Gail Mabalane (Blood & Water, Indemnity). Die storie volg Zenzi – oënskynlik ’n onbelangrike, alledaagse skoonmaker – as sy teen dodelik gevaarlike misdadigers te staan kom terwyl sy na haar vermiste man soek. Dis in haar desperaatheid wat ons dan kan sien sy is glad nie so bedees soos sy aanvanklik voorkom nie. 

Die rolverdeling maak ’n indrukwekkende ensemble uit en sluit onder andere Waldemar Schultz (Die Byl), Brendon Daniels (Fraksie, Skemerdans), Ilse Klink (Nêrens, Noord-Kaap), Shimmy Isaacs (Arendsvlei), Colin Moss (Fried Barry), Abduragman Adams (Suidooster, Indemnity), Hein de Vries (My Beskermer), Shamilla Ismail Miller (Blood & Water) in. 

Unseen is vanaf 29 Maart 2023 op Netflix beskikbaar om te stroom. 


Kyk ook dié soortgelyke reekse op Showmax:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies