Menu terloops
In Gons [15 Aug 2023]

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Outlaws’, Showmax se nuwe Wilde Weste-reeks


Liefde, wraak, wetteloosheid, geweld… Dís maar net van die elemente wat ’n mens waarneem in die eerste lokprent vir Showmax se nuutste plaaslike reeks, ‘Outlaws’.

Kyk vanaf 6 September

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Outlaws’, Showmax se nuwe Wilde Weste-reeks
Kyk lokprent

Outlaws, ’n nuwe Showmax Original-reeks, bevat al die elemente vir ’n boeiende storie wat in die skouspelagtige Lesotho en KwaZulu-Natal afspeel: liefde, wraak, wetteloosheid, familietwis, wedywering en – natuurlik – moord.

Die plot

Iewers op die grens tussen Lesotho en KwaZulu-Natal is daar ’n gebied waar wetteloosheid hoogty vier. Aan die een kant is daar die Biyela-clan wat met vee boer; en dan is daar die Tseoles, veediewe van formaat.

Dis asof die Wilde Weste en die hel alles op een slag hiér losbars. Daar bestaan nie reg en geregtigheid nie, eerder net geweld wat beheer en regeer. Meng dit met kulturele verskille en die situasie ontaard in ’n kruitvat tot boordens toe vol van woede en wraak.

Nuwe gesigte en ou bekendes

’n Paar nuwe gesigte maak hul verskyning in Outlaws, waaronder Lehlohonolo Mayeza en Nirvana Nokwe-Mseleku wat onderskeidelik die rolle van Leruo Tseole en Sihle Biyela vertolk.

Siyabonga Shibe (Shaka iLembe, The Wife, Gaz’lam) wat reeds twee SAFTA-benoemings ontvang het, is die Biyela-patriarg, terwyl Mmabatho Mogomotsi (Yizo Yizo) die Tseole-matriarg is.

SAFTA-wenner Nolwazi Shange (The River, Mzali Wami), Men’s Health-voorbladwenner Mnqobi Kunene (How To Manifest a Man) en Thembinkosi Mthembu (Adulting, Shaka iLembe, The River) is ook deel van die rolverdeling.  

’n Eerste

Outlaws is Suid-Afrika se eerste kontemporêre Western-reeks. Dis geskep deur Phathu Makwarela en Gwydion Beynon van Tshedza Pictures wat reeds vyf SAFTA-toekennings as draaiboekskrywers gewen het (The Republic en The River). The River, op Showmax, is boonop ook vir ’n internasionale Emmy benoem.

Outlaws is Tshedza se tweede Showmax Original na die suksesvolle Adulting, wat in Maart vanjaar rekordgetalle behaal het met die meeste kykers van enige drama op Showmax op die eerste dag van vrystelling. 

Die bekroonde Tebogo ‘Tebza’ Malope was die regisseur van die eerste twee episodes. Hy het onlangs by die Tribeca-filmfees die gehoortoekenning vir Rise: The Siya Kolisi Story (ook op Showmax beskikbaar) gewen.


Outlaws begin met weeklikse episodes vanaf Woensdag, 6 September 2023 op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies