Menu terloops
In Wat om te kyk [26 Jul 2022]

Kyk nou: Lokprent vir ‘Ludik’, Netflix se eerste Afrikaanse reeks


Arnold Vosloo vertolk die hoofrol in ‘Ludik’. Ook in die rolverdeling is Diaan Lawrenson, Rob van Vuuren, Lizz Meiring en Lea Vivier.

Kyk nou: Lokprent vir ‘Ludik’, Netflix se eerste Afrikaanse reeks
Kyk lokprent

“Wat is die verskil tussen versoeking en geleentheid?” kom die vraag in die lokprent vir Ludik, Netflix se eerste Afrikaanse TV-reeks. “Geleentheid kom net een keer. Versoeking lê met sy vinger op die deurklokkie en lui aanhoudend,” kom die antwoord dan.

Versoeking blyk ene Daan Ludik, ’n ryk sakeman wat sy meubelmaatskappy as ’n front gebruik om diamante te smokkel, se achilleshiel – en potensiële ondergang – te wees. 

Oor die loop van ses episodes volg ons Ludik, vertolk deur die Suid-Afrikaanse en Hollywood-akteur Arnold Vosloo, se verhaal. Dis ’n reis van geweld en grusame gierigheid met ’n alewige bloedspoor wat die storie vorentoe dryf. As ’n lid van sy familie dan ontvoer word, word Ludik genoop om nie net diamante nie, maar ook wapens, oor die grens te smokkel.

Ook in die rolverdeling is die akteur en komediant Rob van Vuuren as Swys de Villiers. Uit die lokprent is dit duidelik dat Van Vuuren met dié karakter ver uit sy gemaksone gestoot is as ’n wewenaar op wat tot op die rand van waansin verkeer. Ook te sien is die bekende en geliefde Suid-Afrikaanse sterre Diaan Lawrenson, Lizz Meiring, en Terence Bridgette, asook Inge Beckmann en Sean Cameron Michael wat almal ’n integrale rol in die ontrafeling van Ludik se eens onaantasbare ryk speel.

Geskep deur Paul Buys en Annemarie van Basten. Die uitvoerende vervaardigers is Anele Mdoda, Paul Buys en Frankie Du Toit.

Die reeks is vanaf 26 Augustus op Netflix. 

Kyk solank dié aksiebelaaide reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Maart 2026

Rhafiek kry skokkende nuus wat die Samsodiens verpletter en Zoë en Angie begrawe – skynbaar – die strydbyl... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Maart kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies