Menu terloops
In Wat om te kyk [6 Jun 2023]

Kyk nou: Lokprent vir ‘Fatal Seduction’, Netflix se nuwe plaaslike rillerreeks


Wellus, begeerte en verleiding – dís die premis van Netflix se nuwe Suid-Afrikaanse rillerreeks, ‘Fatal Seduction’.

Kyk nou: Lokprent vir ‘Fatal Seduction’, Netflix se nuwe plaaslike rillerreeks
Kyk lokprent

Die eerste lokprent vir Netflix se nuutste plaaslike reeks, Fatal Seduction, skets ’n prentjie van donker intrige, maar onder ’n versadigde laag passie tussen die twee hoofkarakters, lê ’n haas ondeurdringbare web van leuens en misleiding. 

Dié verhaal ontvou as Nandi, vertolk deur Kgomotso Christopher (Isidingo, Scandal en Legacy), op ’n naweekwegbreek sonder haar man, Leonard (Thapelo Mokoena van onder meer Showmax se Pulse, Dominee Tienie en Trackers), gaan. Dis dan wat sy die begeerlike Jacob, vertolk deur die nuweling Prince Grootboom (Jiva!), ontmoet.

Fatal Seduction
Prince Grootboom vertolk die rol van Jacob in Fatal Seduction. Foto: Netflix

Nandi kan Jacob nie weerstaan nie, maar vir Jacob is dié sekskapades a means to an end. Jacob is immers op ’n wraaktog…. Hy soek die waarheid oor wat agter sy familie se swaar lot lê en Nandi en Leonard blyk antwoorde te hê. 

Die reeks is in en om Kaapstad verfilm. Dit sal vanaf Vrydag, 7 Julie 2023, op Netflix beskikbaar wees om te stroom.

Ook in die rolverdeling tel onder andere Nat Ramabulana (Isidingo, Muvhango) en Lunathi Mampofu (The River, Kings of Jo’Burg).

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies