Menu terloops
In Gons [11 Mar 2024]

Kyk nou: Adrenalien pomp in lokprent vir Deon Meyer se ‘Heart of the Hunter’


Een man. Een missie. Een teiken. Dis aksie-satisfaksie al die pad in die lokprent vir die plaaslike fliek, ‘Heart of the Hunter’, wat op die bekroonde skrywer Deon Meyer se gelyknamige boek gegrond is.

Kyk nou: Adrenalien pomp in lokprent vir Deon Meyer se ‘Heart of the Hunter’
Kyk lokprent

Verlede jaar het Deon Meyer se topverkoperboek Devil’s Peak sy weg na die kleinkassie gevind en later vandeesmaand maak kykNET se Plan B, wat op van Meyer se vroeë karakters gegrond is, asook Netflix se fliekweergawe van Heart of the Hunter sy debuut. 

Uit die lokprent, ons eerste kykie na dié fliek met die span van Scene 23 as vervaardigers aan die stuur, dui als daarop dat dié ’n adrenalienbelaaide vertelling is wat Meyer se boek gestand doen. 

Die storie volg ene Zuko Khumalo (Bonko Khoza), ’n familieman wat eintlik ’n hele paar geraamtes in die kas wegsteek. Maar nes hy dink hy kan ’n rustige lewe met sy gesin lei, kom klop die verlede aan sy deur en dié voormalige sluipmoordenaar moet een laaste missie onderneem. Maar dis nie net sy familie se veiligheid op die spel as hy nie in sy taak slaag nie – ook Suid-Afrika se demokrasie kan finaal in duie stort… Die bad guys gaan egter gou wens hulle het nie Zuko se dodelikheid onderskat nie.

Onder die rolverdeling tel skermlegendes soos Connie Ferguson, Milan Murray, Deon Coetzee en Masasa Mbangeni. Ook met Tim Theron, Sisanda Henna, Peter Butler en Connie Chiume. Die regie is deur Mandla Dube met Meyer wat as uitvoerende vervaardiger leiding gee. Meyer het ook die draaiboek, tesame met Willem Grobler, geskryf. 


Heart of the Hunter is vanaf 29 Maart 2024 op Netflix beskikbaar om te stroom.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies