Menu terloops
In Wat om te kyk [21 Feb 2023]

Kyk nou: Eerste lokprent vir Showmax-dokkie, ‘Stella Murders’


‘Stella Murders’ is ’n nuwe Showmax-misdaaddokumentêr wat die moorde van hoërskoolleerders Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht ondersoek.

Kyk nou: Eerste lokprent vir Showmax-dokkie, ‘Stella Murders’
Kyk lokprent

Die eerste lokprent vir Showmax se 90-minute lange dokumentêr oor die sogenaamde Stella-moorde lê die grondslag vir ’n hartverskeurende verhaal. Stella Murders se regie is deur David Enright en die vervaardiging deur IdeaCandy – dieselfde span wat die trefferreeks Devilsdorp geskep het. Devilsdorp het in 2022 die SAFTA vir beste TV-dokumentêr gewen en is ná sy plaaslike sukses ook internasionaal versprei. 

Die tragedie rondom die dood van Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) ontvou hier as ’n 90-minute lange vertelling. 

Stella Murders sal vanaf 17 Maart op Showmax beskikbaar wees om te stroom.

Sharnelle en Marna, albei leerders aan die Hoërskool Stella in Noordwes, is op Saterdagoggend, 26 Mei 2018, dood in hul koshuis aangetref. Terwyl Marna in ’n badkamer gevind is, is Sharnelle opgehang by die trap gevind. Albei sterftes het aanvanklik soos selfdood-gevalle voorgekom. Dit het egter gou geblyk dat hul bloed eerder deur iemand anders verspil is.

Slagoffers se familie deel van dokkie

Stella Murders is ’n hartverskeurende storie,” sê Yolisa Phahle, uitvoerende hoof van Showmax en Connected Video by MultiChoice. “Dit handel oor elke ouer se ergste vrees. Die produksie is gemaak met samewerking van Sharnelle en Marna se families, wat hoop dat hul storie soortgelyke tragedies sal voorkom.”

Stella Murders sluit onderhoude met Ronnie en Sonja Hough, Sharnelle se ouers, in. Só ook met Stefaans, Rianet, en Riané Engelbrecht, Marna se pa, ma en suster. Kapt. Zagaries Human, die stasiebevelvoerder van die Stella-polisiekantoor, kapt. Markus Ferreira, die ondersoekbeampte, private speurder Chris Saunders en die voormalige staatsadvokaat Johan Smit vertel ook oor hul rol in die ondersoek. Die joernalis Marizka Coetzer wat ons ook in Devilsdorp gesien het, praat oor haar beriggewing oor die saak vir Huisgenoot

Stella Murders Mariska Coetzer
Die joernalis Marizka Coetzer het vir Huisgenoot oor die Stella-moorde berig. Foto: Showmax/Verskaf

Dokkie noodsaaklik vir bewusmaking en gesprek

Die dokumentêr maak dit duidelik dat die dorp steeds die sterftes probeer verwerk. Volgens Enright was dit vir hulle (die produksiespan) belangrik om te verstaan of daar enige vorm van emosionele genesing was vir die families en gemeenskap wat dié trauma beleef het.

Hy sê verder: “Dit het duidelik geword dat die impak van hierdie tragiese gebeurtenis verreikend was… Dit dui op die noodsaaklikheid om te besin oor die kultuur waarin geslagsgebaseerde geweld gekweek word. Hopelik sal hierdie dokumentêr nie net sommige van die rooi vlae om voor op te let, uitlig nie, maar ook deel van die landwye gesprek oor die skandelike vlakke van geweld teen vroue in Suid-Afrika word.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies