Menu terloops
In Wat om te kyk [26 Mei 2022]

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Pulse’, Showmax se nuwe gruwelreeks


In ‘Pulse’, Showmax se nuwe gruwelreeks, is oorlewing allesbehalwe ’n speletjie…

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Pulse’, Showmax se nuwe gruwelreeks
Kyk lokprent

Oorlewing is allesbehalwe ’n speletjie as ’n groep videospeletjieskeppers deur elektromagnetiese strale getref word en binne hul eie game in ’n stryd tussen lewe en dood vasgevang word.

Dís die premis van Showmax se nuwe gruwelreeks, Pulse, wat vanaf 23 Junie op dié platform gestroom kan word. Dis nie Showmax se eerste foray in die wêreld van gril en ril nie. 

Pulse, wat oor ses episodes strek, volg ook op die sukses van gruwelstories soos DAM, Skemerdans Fried Barry en Gaia, asook Glasshouse. Laasgenoemde is wyd geloof vir veral tematiese diepte, slim vertellingstegnieke, en uitmuntende spel. (Lees Riëtte van der Wat se resensie van Glasshouse hier.)

Die reeks is in Suid-Afrika en Mauritius geskiet en die internasionale groep videospeletjieskeppers word deur ’n talentvolle rolverdeling vertolk. Onder dié akteurs tel SAFTA-wenner Tarryn Wyngaard, bekend vir haar werk op DAM en Dwaalster. Sy speel Jaz, die skepper van ’n indie-trefferspeletjie. Thapelo Mokoena (Trackers, Bulletproof) speel Jaz se eks. 

Onder die ander akteurs tel Sven Ruygrok (Spud se Rambo) en tweemalige Silwerskermfeeswenner Carel Nel (Gaia, Rage, Raised by Wolves). Kameerolle word deur die veelbekroonde Albert Pretorius (Nêrens, Noord-Kaap), Laré Birk (Dominee Tienie, Vir Altyd), asook toneelspellegende Frank Opperman (Dominee Tienie, Nêrens, Noord-Kaap) gelewer.

Regie is deur die veelbekroonde Sallas de Jager (Dominee Tienie). Die Emmy-wenner Steve Lanning, is die reeks se vervaardiger. Die draaiboek is deur Stephen Clarke behartig. 

Dit lyk sommer blerrie lekker…

Maar as ’n mens so kyk na die lokprent, blyk dit daar is ’n visuele fees wat op kykers wag namate die spanning bou en die storie al… freakier word. Hiervoor is produksie-ontwerper Waldemar Coetsee (Toorbos) en die visioenêre VFX-span van Laurent-Paul Robert (Harry Potter, The Dark Knight Rises) en Hilton Treves (Tomb Raider, Blood Psalms) te danke. 

Pulse is ’n internasionale ko-produksie tussen Media Musketeers, die Britse ForLan Films en Red Mirror in Suid-Afrika. Dit is saam met CANAL+ en The MediaPro Studio vervaardig. Pulse is die derde ko-produksie tussen Showmax en CANAL+. Hulle werk reeds saam aan Crime and Justice en Blood Psalms, wat later vanjaar op Showmax premiere. 

Vanaf 23 Junie op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies