Menu terloops
In Gons [12 Des 2023]

Kyk nou: Eerste lokprent vir M-Net se nuwe plaaslike gesinsdrama, ‘Summertide’


Uit die lokprent vir M-Net se nuwe plaaslike gesinsdrama, ‘Summertide’, blyk daar boeiende drama, ’n hele paar raaisels en pragtige kamerawerk op kykers te wag.

Kyk nou: Eerste lokprent vir M-Net se nuwe plaaslike gesinsdrama, ‘Summertide’
Kyk lokprent

M-Net het pas die eerste die lokprent vrygestel vir sy nuwe gesinsdrama, Summertide.

Dié reeks, met die bekroonde Corné en René van Rooyen van Red Letter Day Pictures as skeppers en vervaardigers, première op Sondag, 28 Januarie 2024, om 18:00 op dié kanaal (101). Daarna volg weeklikse episodes vir 52 weke. Dit sal ook op DStv Stream en op Catch Up beskikbaar wees. 

Uit die lokprent blyk daar ’n visuele fees op kykers te wag met asemrowende kinematografie van die Valsbaai-omgewing waar dié verhaal afspeel.

Frank Rautenbach, wat meer as 20 jaar terug sy aanvanklike roem met sy rol as Tiaan in 7de Laan verwerf het, vertolk die hoofrol as  ’n mariene-bioloog, Martin Field.

Martin keer ná die dood van sy vrou (Amalia Uys) saam met sy twee kinders na sy ouerhuis terug. Hy begin dan ’n nuwe bewaringstrust, maar die lewe is nie so sonnig en droomagtig soos die pragtige see-uitsig nie. Martin se kinders, Tristan en Lucy, sukkel immers om tot verhaal te kom ná hul ma se dood. Martin se eks, Rebecca Solomons, is ook in die prentjie. Sy het as ’n bekende Michelin-ster-sjef in New York gewerk en gaan nou met Gavin, Martin se broer, uit. Ons ontmoet ook Martin se ma, Wilma, en pa, Jack Field, ’n afgetrede vlootbevelvoerder.

Volgens die Van Rooyens – ook die kreatiewe span agter onder meer Alles Malan – is die reeks ’n “in-diepte ondersoek na die mal, morsige, en pragtige wêreld van familiebande.

“Ons het ’n boeiende storie geskep deur ’n groot ensemble, met die rolverdeling wat oor verskeie generasies strek, te gebruik, en te kyk na die outentieke dinamika binne ’n Suid-Afrikaanse gesin. Elke episode rig ’n uitnodiging aan kykers om met ’n spesifieke tak van die Field-stamboom te skakel.”

Volgens hulle is Summertide ingestel om baie karaktergedrewe te wees. 

Ook onder die rolverdeling tel Monique Rockman, Tyrone Keogh, Andre Jacobs en Terry Norton.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies