Menu terloops
In Gons [12 Des 2023]

Kyk nou: Eerste lokprent vir M-Net se nuwe plaaslike gesinsdrama, ‘Summertide’


Uit die lokprent vir M-Net se nuwe plaaslike gesinsdrama, ‘Summertide’, blyk daar boeiende drama, ’n hele paar raaisels en pragtige kamerawerk op kykers te wag.

Kyk nou: Eerste lokprent vir M-Net se nuwe plaaslike gesinsdrama, ‘Summertide’
Kyk lokprent

M-Net het pas die eerste die lokprent vrygestel vir sy nuwe gesinsdrama, Summertide.

Dié reeks, met die bekroonde Corné en René van Rooyen van Red Letter Day Pictures as skeppers en vervaardigers, première op Sondag, 28 Januarie 2024, om 18:00 op dié kanaal (101). Daarna volg weeklikse episodes vir 52 weke. Dit sal ook op DStv Stream en op Catch Up beskikbaar wees. 

Uit die lokprent blyk daar ’n visuele fees op kykers te wag met asemrowende kinematografie van die Valsbaai-omgewing waar dié verhaal afspeel.

Frank Rautenbach, wat meer as 20 jaar terug sy aanvanklike roem met sy rol as Tiaan in 7de Laan verwerf het, vertolk die hoofrol as  ’n mariene-bioloog, Martin Field.

Martin keer ná die dood van sy vrou (Amalia Uys) saam met sy twee kinders na sy ouerhuis terug. Hy begin dan ’n nuwe bewaringstrust, maar die lewe is nie so sonnig en droomagtig soos die pragtige see-uitsig nie. Martin se kinders, Tristan en Lucy, sukkel immers om tot verhaal te kom ná hul ma se dood. Martin se eks, Rebecca Solomons, is ook in die prentjie. Sy het as ’n bekende Michelin-ster-sjef in New York gewerk en gaan nou met Gavin, Martin se broer, uit. Ons ontmoet ook Martin se ma, Wilma, en pa, Jack Field, ’n afgetrede vlootbevelvoerder.

Volgens die Van Rooyens – ook die kreatiewe span agter onder meer Alles Malan – is die reeks ’n “in-diepte ondersoek na die mal, morsige, en pragtige wêreld van familiebande.

“Ons het ’n boeiende storie geskep deur ’n groot ensemble, met die rolverdeling wat oor verskeie generasies strek, te gebruik, en te kyk na die outentieke dinamika binne ’n Suid-Afrikaanse gesin. Elke episode rig ’n uitnodiging aan kykers om met ’n spesifieke tak van die Field-stamboom te skakel.”

Volgens hulle is Summertide ingestel om baie karaktergedrewe te wees. 

Ook onder die rolverdeling tel Monique Rockman, Tyrone Keogh, Andre Jacobs en Terry Norton.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies