Menu terloops
In Wat om te kyk [20 Apr 2022]

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Dinge van ’n Kind’


Eers ’n boeiende boek, toe ’n roerende toneelstuk. Nou vind Marita van der Vyver se ‘Dinge van ’n Kind’ gestalte as ’n TV-reeks wat vanaf 10 Mei op kykNET uitgesaai word.

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Dinge van ’n Kind’
Kyk lokprent

In die eerste lokprent vir die TV-vertelling van Mart Vermaak se gedaantewisseling van kind tot vrou in Die Dinge van ’n kind, blyk die storie ook in dié formaat te roer.

Die reeks van tien episodes is gegrond op Marita van der Vyver se gelyknamige roman. In die roman het lesers vir Mart as tiener, sowel as ’n volwasse vrou in haar dertigs as ’n expat in Londen leer ken. In die TV-reeks ontmoet kykers egter ook ’n heelwat ouer Mart wat haar weer in Suid-Afrika gevestig het.

Terwyl die boek in twee tydvakke afspeel – teen die politiese agtergrond van die ontstuimige 1970’s en die vroeë 1990’s – is daar vir die TV-weergawe ’n deel bygewerk wat in die hede afspeel. Daar is dus drie aktrises wat die rol van Mart deur die jare speel.

Melissa, Cintaine en Susanne – Mart deur die jare

In die rol van jong Mart is Melissa Myburgh. Cintaine Schutte is Mart in die 1990’s. Susanne Beyers is hededaagse Mart. Melissa was al te sien in Kompleks en die TV-film Laastes. Cintaine (FynskrifEkstra Medium) het mees onlangs die rol van Mart in die verhoogsproduksie van Die Dinge van ’n kind gespeel. Susanne is op haar beurt ’n veteraan van die verhoog, TV, radio en film. 

Susanne Beyers as Mart in Dinge vir 'n kind op kykNET.
Susanne Beyers as Mart in Dinge van ’n Kind, eersdaags op kykNET. Foto: Verskaf

In die tonele wat in die 1970’s afspeel, is Mienke Ehlers te sien as Mart se skoolvriendin Dalena, met Augusta Zietsman wat die rol van Suna speel. Jana Kruger en André Weideman is Marlene en Karel, Mart se ouers. Andahr Cotton (Simon), Méla Swanepoel (Liefie) en Wesley Smit (Neil) is haar sibbe.

Van die ander spelers in die 1970’s-tonele sluit in Ben Albertyn as Pierre en Deànré Reiners as Hein. Ook te sien, is bekendes soos Stian Bam, Amalia Uys, Lizz Meiring, Martelize Kolver en Sandra Vaughn. 

In die 1990’s is Wilhelm van der Walt te sien as die ouer Simon.

Van die akteurs wat in die hedendaagse tonele te sien is, sluit in Ludwig Binge, Zenobia Kloppers en Quanita Adams.

Die regisseurs van die reeks is Quentin Krog, Zandré Coetzer en Tinarie van Wyk-Loots. Elanie Rupping en Henriëtta Gryffenberg was vir die draaiboek verantwoordelik. Die reeks is deur Nagvlug Films (Wonderlus, Nêrens, Noord-Kaap) vervaardig.

Dinge van ’n kind begin op Dinsdag 10 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies