Menu terloops
In Gons [7 Jun 2024]

Kyk nou: Emosionele tuimeltreinrit in voorskou van ‘Een keer om die son’


In die amptelike voorskou van Ivan Botha en Donnalee Roberts se nuwe kykNET-drama, ‘Een keer om die son’, word ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk deur ’n tragedie getref.

Kyk nou: Emosionele tuimeltreinrit in voorskou van ‘Een keer om die son’
Kyk lokprent

Van luidkeels lag en dans, tot trauma en trane wat oor die verloop van ’n enkele jaar in die lewe van ’n gesin uitspeel. Dís deel van die premis van die nuwe kykNET-gesinsdrama, Een keer om die son.

Daarin word die lewe van een familie oor die loop van ’n kalenderjaar uitgebeeld – een episode vir elke maand. Ivan Botha is die regisseur.

In die amptelike lokprent wat deur kykNET bekendgestel is, speel daar ’n tuimeltreinrit van emosies af soos ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk deur ’n tragedie getref word. Alles verander oornag soos tergende vrae spook.

kykNET het ook die uitsaaidatum bekendgemaak. Weeklikse episodes vanaf Dinsdag, 25 Junie 2024, wat ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar sal wees.

Onder die storie se uiteenlopende karakters is daar onder andere Ruan van Wyk (Jacques Bessenger), ’n neurochirurg. Hy is met Lani van Wyk (Jana Kruger) getroud. Hulle het saam drie kinders: Markus (Liam Bosman), wat in matriek is, die 15-jarige Leandri (Alma van Heerden), en Sophia (Klara van Zyl) wat 8-jaar oud is. Dan is daar ook Amé Cloete, vertolk deur Donnalee Roberts, Ruan se suster en ’n suksesvolle finansiële bestuurder. Sy is getroud met Joshua Cloete (Ludwig Binge), die eienaar van ’n kunsgalery. Ruan en Amé se ouers is Sebastian (Albert Maritz), ’n insekkunde-professor, en Elma (Joanie Combrink) besit ’n tuisnywerheid.

Ivan en Donnalee is ook, tesame met Danie Bester, vervaardigers van die reeks. Dis hul eerste TV-reeks wat hulle onder die vaandel van 17 Films geskep het. Die hoofskrywers is ook Ivan en Donnalee, met Liani Jansen van Rensburg, Retief Scholtz en Tina Kruger as medeskrywers.

Ook in die nogal volgepropte rolverdeling tel Pierre van Pletzen, Susanne Beyers, Alex van Dyk, Simone Neethling, Lee-Ann van Rooi, Adriaan Havenga, Bennie Fourie, Antoinette Louw en Amalia Uys.


Kyk Een keer om die son vanaf Dinsdag, 25 Junie, op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies