Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Sep 2021]

Kompleks S1


Twee tieners ontmoet en alles verander in Kompleks, ’n coming of age-storie in die klassieke styl van reekse uit die 90’s soos Dawson’s Creek.

Kyk nou

Kompleks S1
Kyk lokprent

Kompleks is ’n eiesoortige dramareeks uit die pen van Louis Pretorius. 

“Dis ’n ligte drama en ’n coming of age-storie in die klassieke styl van reekse uit die 90’s soos Dawson’s Creek en My So-Called life,” sê Pretorius, wat saam met Albert Snyman ook reekse soos Die Boekklub en Fynskrif geskep het. 

Kompleks het ’n veelvlakkige storielyn wat in twee verskillende werelde afspeel: In die een is Sean en Mika (gespeel deur Arthur Falko en Melissa Myburgh) alleen by die huis. Sean se ouers, gespeel deur Milan Murray en Stian Bam, leef in stilte, terwyl Mika se ouers (Therese Bam en Paul du Toit) op skei staan. As die twee tieners ontmoet, verander alles. 

In ’n ander wereld, soortgelyk aan die eerste een maar tog anders, is Sean en Mika heelwat ouer. Sean (Armand Aucamp) is ’n aktuaris. Mika (Roeline Daneel) is ’n weduwee met ’n dogter. Dan ontmoet Sean vir Belinda (Greta Pietersen) en Mika vir Tristan (Ivan Botha). Albei oorweeg dit om die liefde nog ’n kans te gee, maar in hul agterkoppe is ’n wintervakansie van baie jare gelede en ’n vergete vriendskap. Hierdie is ’n storie vir almal wat al hul hart verloor het. Kyk nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies