Menu terloops
In Wat om te kyk [17 Feb 2025]

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kokkedore se beste braaiwenke


Genoeg (warm) kole, vertrou jou instinkte en moenie bang wees om iets nuut te probeer nie. Hier deel die deelnemers van ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen hul beste braaiwenke.

Deur Annelene Oberholzer

Stroom 'Kokkedoor Vuur & Vlam' S2

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kokkedore se beste braaiwenke

Die 20 deelnemers van die tweede seisoen van kykNET se Kokkedoor Vuur & Vlam deel die braaiwenke wat van hulle sulke bobaas-braaiers maak.

Onthoubraaiers se beste braaiwenke

Godfrey Davids (41), Paarl:

Wees altyd voorbereid in terme van wat jy wil braai, en doen jou huiswerk. Hou by die basics, en moenie iets aanpak waarmee jy nie vertroud is nie. 

Jay Maan (51), Pretoria:

Beheer jou vuur en temperatuur vir ’n goeie uitkoms.

Benjie Benjamin (39), Kimberley:

Vermy soet marinades, want dit brand altyd aan en laat ’n slegte nasmaak.

Suzie Wandrag (47), Strand:

Braai gaan oor hittebeheer. Maak seker jy het alles reg voor jy begin braai (tang, braaibak ens.), sodat jy kan gooi sodra jou kole reg is. Jy wil nie jou vleis met koue kole stoom nie. 

Ferdi Uys (25), Struisbaai:

Bly by wat jy ken, en as jy weet dit werk, stick with it.

Martin Steyn (53), Stellenbosch:

Moenie jou oë van die kos op die vuur afhaal nie. En as jy ’n ervare braaier is, vertrou jou instink as dit kom by wanneer jy moet afhaal. Jy het nie verniet al daai ure agter die vlamme deurgebring nie.

Nelia Lombard (46), Bellville: 

Beslis ’n goeie vuur. Goeie, harde hout maak goeie, warm kole. Ek maak altyd meer vuur as wat ek dink ek gaan nodig hê en het altyd ekstra warm kole aan die kant.

Johan van der Watt (46), Bellville:

Braai die vleis (of enigiets wat gebraai word) soos jy daarvan hou. 

Johan de Villiers (30), Durbanville: 

As jy twyfel, gooi nog hout op. 

Liz Nass (44), Pretoria:

Pas jou vuur soos ’n baba op.

Kokkedoor Vuur & Vlam
“Beheer jou vuur en temperatuur,” is Jay Maan se goue reël as dit by braaisake kom. Foto: Verskaf

Kinkelbraaiers se beste braaiwenke

Lollie Heyns (44), Milnerton:

Moenie bang wees om nuwe goed te probeer nie. Die vuur is ook vir groente, blare, koeke, brode – regtig enigiets waaraan jy kan dink wat gaargemaak moet word. Probeer, maak foute, probeer weer en geniet dit net. Jy ontdek dalk net iets nuuts en unieks.  

Charlotte Minnaar (43), Centurion:

Moenie paniekerig raak nie, haal asem en fokus.

Francois Binneman (35), Port Elizabeth:

Begin altyd met hout of kole van goeie gehalte, want dit is die basis van ’n goeie vuur. 

De Wet Visser (37), Welgelegen:

Jy moet altyd genoeg kole hê. Dis nie lekker om jou vleis op die stoof of in die oond te probeer gaarkry nie.

Hantie Jansen (44), Windhoek:

Moet nooit die hitte van jou vuur onderskat nie. Sorg altyd vir ’n ekstra vuurtjie of kole aan die kant. 

Vendi Klaushofer (40), Pretoria:

Wees versigtig met ’n jaffle-pan. Moenie ’n french toast breakfast jaffle op vuurwarm kole probeer maak nie – die eier brand vas. Ek het dit op die harde manier geleer… 

Lourens Engelbrecht (37), Pretoria:

Maak gebruik van ’n toeknyprooster om jou lewe makliker te maak

Mike van Rooyen (37), Johannesburg:

Braai met gevoel! Sowat 90% van kosmaak is common sense, en 10% is vaardigheid. 

Nelda Buhr (57), Malmesbury:

Warm kole. Haal daai vleis eerder te vroeg af as te laat. Jy kan nie ’n oorgaar steak red nie.

Stefan Weitz (36), Observatory:

Begin jou vuur met genoeg hout vir wat jy beplan om te braai sodat jy nie flou kole het voordat jou vleis gaar is nie. 


Kokkedoor Vuur & Vlam S2 saai Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream) uit. Episodes sal ná uitsending ook op Catch Up beskikbaar wees.

Kyk ook die eerste seisoen op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies