Menu terloops
In Features [12 Aug 2023]

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Dis nou maar wors(-wenke)!


‘Kokkedoor Vuur & Vlam’-beoordelaar en braaighoeroe Kobus Botha deel sy top-boereworswenke met kykers ná hierdie week se worsuitdaging op dié kykNET-reeks.

Stroom aanlyn

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Dis nou maar wors(-wenke)!

In kykNET se koswerklikheidsreeks Kokkedoor Vuur & Vlam het niemand geweet wat om te verwag nie met die tweede spanuitdaging van die reeks nie… Veral nie toe daar koers gekies is na ’n plaas naby Napier nie.

Daar het hulle kennis gemaak met oom Jurie de Kock, ’n worsmeester in die streek, wat glo “Jerseys is die beste vir boerewors, veral vanweë daardie geel vet. Die voerkraal-goed is nie…”

Die uitdaging aan die deelnemers was om die ikoniese Suid-Afrikaanse trio, naamlik pap, wors en sous, voor te sit.

Daar was ietsie van alles in die deelnemers se arsenaal – van kerkbasaar-boereworsrespte en geheime familie-wenresepte tot pap-blompotjies. En terwyl die vleis en alles wat daarmee gepaard gaan, koud moet wees, het humeure kort-kort opgevlam. En het hulle maar net braai-ghoeroe en Kokkedoor-beoordelaar Kobus Botha se raad (hiernaas) gehad!

Die beoordeling

Verskeie van die deelnemers se boerewors sou volgens oom Jurie nie die paal gehaal het op Bredasdorp of Napier se basaars nie. Maar daar was ’n paar uithalerdisse wat voorgesit is, waaronder kinkelbraaier Borries en onthoubraaier Joubert se spanpoging.

Die beoordelaars én die worsmeester was veral beïndruk met kinkelbraaier Lara en onthoubraaier Nicole se familieresep-boerewors.

“Ons moet net nie te vinnig windgat raak omdat ons vandag gewen het nie,” was Nicole se reaksie.

Francois en Braam (bobotiewors) is as die tweede beste dis van die dag aangewys.

Verlede week se wenners, Mandré en Karen, kon nie hierdie keer die wa deur die drif trek nie. Saam met hulle in die onbenydenswaardige posisie van laagste op die ranglys was Lara en Ashley. 

Kokkedoor Vuur & Vlam
Lara en Ashley het omtrent gesukkel met die worsuitdaging hierdie week. Foto: Verskaf

Goeie nuus . . . Met ’n kinkel

Hierdie was nie ’n eliminasieronde nie en geen voorskote is dié keer opgehang nie. Maar daar is ’n kinkel. Die twee spanne ruil nou spanmaats en vorentoe sal Karen en Ashley ’n span vorm, terwyl Lara en Mandré kragte gaan saamsnoer.

Kobus Botha se boereworswenke:

  • Meng jou eie speserye. Ek vind dat al die wors op die rakke dieselfde smaak en my sooibrand gee – dieselfde chemiese, industriële bestanddele, net verskillende etikette. Dis baie, baie, baie, baie maklik om jou eie speserye te meng. Baie. Doen dit!
  • Alles moet koud wees wanneer jy wors maak – vleis, vet, vleismeul, stopper, jou senuwees . . . anders begin die vleis te emulgeer.
  • Sny die vleis in blokke op wat in jou vleismeul se bek pas, gooi die speserye daarop en meng. Maal dan. 
  • As jy die klaargemaalde vleis meng, emulgeer jy die maalvleis. Dis goed vir bangers, maar boerewors moet korrelrig bly.
  • Net vleis en vet. Genoeg vet, so 25%.
  • Gebruik dierderms (ek gebruik skaapderms).

Vir die braai

  1. Maak die wors winddroog vooraf, droog af en hang in die rooster vir so ’n halfuur. Of droog ten minste net die derms af met ’n doek voordat jy dit braai. 
  2. As daar vog op die derms is, moet die hitte dit eers laar verdamp, wat beteken jou wors kook en braai nie. Dit versag die derm en jy kry nie daai lekker knak in die byt nie.

Kokkedoor Vuur & Vlam saai Donderdagaande uit om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream). Die reeks is ook op Catch Up beskikbaar. Ons geliewe resensent, Annie Brand, se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies