Menu terloops
In Recaps & Resensies [12 Des 2024]

‘Klein Paradys’: Wat jy ná episode 8 moet weet


Uiteindelik is die ses spanne se slaapkamers klaar! Maar sommiges sal hul sokkies moet optrek… Hier is wat in vandeesweek se episode van kykNET se realiteitsreeks, ‘Klein Paradys’ gebeur het.

Stroom nou

‘Klein Paradys’: Wat jy ná episode 8 moet weet

Dit was ’n geskarrel teen die einde, maar al ses van die Klein Paradys-spanne het slaapkamers gehad vir die beoordelaars om na te kyk. Aan die einde van die beoordeling was die wenspan net .2 punte bo die span in die tweede plek. 

Klein Paradys
Moeg, maar voorwaarts mars. Foto: Verskaf

Die wenners

Juan-Louis en Elri van Intak met 4.3 punte

Die beoordelaars was veral beïndruk met dié pelle van Potch se gebruik van ruimte en die veeldoeligheid van die slaapkamerarea. Wicus Pretorius het gesê dit is duidelik hulle dink met ’n mikro-eenheid in gedagte. Jess Pieters was beïndruk met die span se inisiatief om ’n ekstra enkelbed onder die dubbelbed te versteek, en Magdalena Bobotoni het hulle gekomplimenteer oor die plasing van die bed en die uitsig wat dit bied. 

Behalwe dat Juan-Louis en Elri nou die nuwe toesighouers is en drie ure van die konstruksiespan gewen het, het hulle ook met ’n geskenkbewys van R20 000 van Cielo vir hul persoonlike gebruik weggestap. 

Klein Paradys
Heito! Juan-Louis en Elri het die slaapkamer-uitdaging gewen. Foto: Verskaf

Tweede plek

Maggie en Gerrie van Palimpses met 4.1 punte

Gerrie wou bitter graag wen, maar hulle het naelskraap in die tweede plek geëindig. Die beoordelaars was beïndruk met hoeveel pakplek in die eenheid is, die inkleding met boeke en klere en selfs ’n bril in die een nissie, asook die vollengte-spieël wat slim geposisioneer is. 

Gesamentlike derde plek

Lee-Ann en Johann van Asem met 4.0 punte

Die grootste kritiek wat Lee-Ann en Johann gekry het, was dat daar nie genoeg pakplek is nie en te min lig. Die bed gaan ook moeilik wees om op te maak as gevolg van hoe dit geplaas is. Wicus was egter beïndruk met die ligstrook wat van die vloer, oor die dak en weer aan die ander kant tot op die vloer loop. 

Mika en Jannie van 22 met 4.0 punte

Hoewel die beoordelaars beïndruk was met die span se vakmanskap, was hulle nie seker waarheen Mika en Jannie met die ontwerp op pad is nie. Daar is ook volgens hulle te veel ruimte gemors. 

Vierde plek

Klaas en Yvett van Meerkat met 3.8 punte

Die beoordelaars was dit eens dat die muurpapier ’n wenner is en het die span gekomplimenteer op die gebruik van aangekoopte items. Daar is egter nie naastenby genoeg pakplek soos die eenheid nou daarna uitsien nie. 

Vyfde plek

Alicia en Claudia van Kaapse Nooi met 3.5 punte

Die sussies van Bloem was weer stram met mekaar ná ’n onderonsie, maar hulle het vrede gemaak en kon betyds hul slaapkamer wys. Hoewel die beoordelaars hulle gekomplimenteer het op die feit dat hulle vloer so te sê klaar was, was die grootste kritiek dat Alicia en Claudia nie beplan met ’n mikro-eenheid in gedagte nie. Die spieël in die hoek van die slaaparea is ook te groot en sal moet skuif.

Wat volgende?

Die volgende opdrag aan die spanne was dat hulle die kombuise en leefareas moet klaarmaak – in net vier dae.


Klein Paradys is op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies